CrimeLocal newsNews

Skoonmaakprojek om gruwels te verwyer

Leeglêers loop rieme styf met skoonmaak-operasie

Vier mense is tydens ’n skoonmaak-operasie in die noorde van Pretoria in hegtenis geneem vir drankgebruik in die openbaar.

Dit volg nadat Sinoville-inwoners Donderdagmiddag gal gebraak het oor vullis en leeglêers in ’n oop veld langs ’n woonkompleks.

Inwoners sê die oop veld op die hoek van Blydestraat en Sefako Makgatholaan (Zambezi) het ’n onheilsnes geword.

“Daar is ’n klomp leeglêers wat in die aande hier kom plak,” vertel inwoner Faan Rossouw.

“Daar word gedrink en tot in die vroeë oggendure partytjie gehou. Hulle slinger gereeld leë drankbottels oor die muur in ons erwe in en urineer teen die mure.”

Rossouw sê alkoholgebruik in die openbaar en onwettige dobbelary is maar net van die klagtes wat hy by die polisie aangemeld het.

“Die polisie is ’n paar keer ontbied om die mense hier te verwyder – maar hulle bly terugkeer.”

Nog ’n inwoner, Henri Potgieter, sê die veld word omskep in ’n onwettige vullishoop.

“Die leeglêers strooi hul rommel hier rond en dan kom stort mense nog boonop hul tuinvullis hier langs ons wonings.”

Wyksraadslid Lenise Breytenbach het ondersoek op toneel ingestel en vinnig werk daarvan gemaak om ’n skoonmaakspan te reël.

’n Spesiale taakspan is dieselfde dag na die veld ontbied waar vier mense aangekeer is vir drankgebruik in die openbaar.

“Ek sal navraag doen om uit te vind aan wie die grond behoort,” sê Breytenbach.

“As die grond aan die stadsraad behoort, is ’n moontlike oplossing om te vra dat die grond verhuur word aan ’n aangrensende onderneming wat die spasie kan benut.”

“Die oop veld bly ’n veiligheidsrisiko vir inwoners,” sê Breytenbach. “Dit bied skuiling vir sluipslapers en ander kriminele.”

Sy sê: “Dis ’n prioriteit om so gou moontlik hierdie probleem op te los.”

Lees ook:

CPF of the year

VIDEO: Misdaadgolf teister onderneming in Pretoria-Noord

Op voete en wiele teen misdaad

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button