’n Grypdief het Maandag op Bobby van Jaarsveld se kinders en sy suster toegeslaan.
Hy het met ’n selfoon weggekom, sê die sanger se ma Ronel Brink.
Die sanger het om 13:56 op sy Facebookblad geskryf: “My suster Cara Brink nou net ge-smash en grab by Fonteine sirkel met my kinders in die kar. Hulle is almal ok. Die kids is net in skok.”
Van Jaarsveld se ma vertel dat die grypdief Cara se motorruit stukkend geslaan naby die fonteine-sirkel en haar selfoon gegryp het.
Brink het bevestig dat Cara en die twee kinders ongedeerd is.
“Dis maar ’n slegte ding wat gebeur het en baie erg dat die twee kinders dit moes beleef.”
Lees ook:
Bobby se ponies laat hom skrik
Bobby se seuntjie verdrink amper
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

