CrimeLocal newsNews

Vrou trek foondief vas

'n Voormalige Rekord-joernalis het Dinsdagmiddag 'n selfoondief vasgekeer.

’n Jong vrou het Dinsdag ’n selfoondief vasgetrek nadat sy in ’n spreekkamer beroof is.

Amelia Kok, ’n voormalige Rekord-joernalis, sê ’n veiligheidswag het haar gehelp om die boosdoener aan die pen te laat ry.

Haar selfoon is uit haar handsak gesteel het by die Old Farm-winkelsentrum in Faerie Glen, oos van Pretoria.

“Ek was besig om vir ’n konsultasie by ’n tandarts te betaal toe ek my handsak neersit om my beursie uit te haal,” vertel sy.

’n Jong vrou en twee mans het die spreekkamer binnegekom.

“My instink het gesê ek moet my handsak dophou en het dadelik iets vermoed toe die drie mense die spreekkamer onmiddelik wou verlaat.”

Kok het die drietal agternagesit toe sy agtergekom haar selfoon is vermis.

“Ek het die vrou gevra om haar handsak oop te maak sodat ek kon sien of sy my foon gevat het,” sê Kok.

“Sy het geweier terwyl hulle al hoe vinniger na hul motor beweeg het.”

Die relletjie het ADT sekuruteitswag Frans Mokonyane se aandag getrek en hy het Kok gehelp om die vrou uit die motor te kry.

“Daar lê my foon toe in haar handsak,” sê Kok.

Die vrou in die tandarts se spreekkamer aangehou totdat die Garsfontein-polisie opgedaag het.

Lees ook: 

Dapper inwoners trek dief vas

Huis en tuinhulp trek dief vas

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button