Local newsNews

Geloftedag-viering

Geloftedag-feesgangers sien 12:00 die sonstraal op die senotaaf in die Voortrekkermonument .

Honderde mense het Vrydag na die Voortrekkermonument gekom om 12:00 die sonstraal op die granietsenotaaf te ervaar.

‘n Sonstraal val elke jaar op 16 Desember op die senotaaf in die monument. Dit was so ontwerp, ter herdenking van ’n gelofte wat die Voortrekkers op 16 Desember 1838 by Bloedrivier afgelê het.

Op daardie dag is 470 Voortrekkers deur minstens 10 000 Zoeloe-impis by Bloedrivier aangeval.

Foto: Facebook
Foto: Facebook

In die daaropvolgende oorwinning is net een Voortrekker lig beseer – die Voortrekker-leier, Andries Pretorius.

“Die Gelofte is al op 9 Des 1838 begin, waar die boere die gelofte begin voorloop het,” skryf die Boervolk-Geloftevolk-groep op sosiale media.

3

“Voor die Voortrekkers se oorwinning het hulle daagliks ‘n gelofte afgelê dat indien God hulle sou help, sou hulle en hul nageslag daardie dag soos ‘n Sabbatdag herdenk, en die eer van die oorwinning aan God gee.”

Die slag staan bekend as die Slag van Bloedrivier en die dag het oorspronklik as Dingaansdag bekendgestaan – vernoem na die koning van die Zoeloes.

Geloftedag word steeds deur sommige Afrikaners in die gees van die Gelofte gehou.

5

 

Lees ook: Geloftedagvieringe bring nasies saam

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button