CrimeNews

Man ontbloot homself

"Hy het sy broek afgetrek en sy privaat-dele vir hulle gewys."

’n Man ontbloot homself aan skoolmeisies in die Moot, sê ’n inwoner.

’n Pa vertel dat sy dogter en ‘n vriendin by ‘n hoërskool deur die man gekonfronteer is.

LEES OOK: Man arrested for 8-year-old girl rape

“Hulle was besig om die skool se Wi-Fi te gebruik toe ‘n rooi BMW by hulle stilhou,” sê die pa.

“Hy het sy broek afgetrek en sy privaat-dele vir hulle gewys.”

Volgens die pa het hy die voertuig gevolg tot by die kelders in Bergsig.

LEES OOK: Rape charge laid against ANC official

Die voertuig se registrasie nommer is HBL 363 GP.

‘n Klag is by die Moot-polisiekantoor gelê nadat die polisie in Villeria polisie glo geweier het om ondersoek in te stel.

Die polisie het teen druktyd geen komentaar gelewer nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button