NewsSchools

Afrikaanse Hoër Seunskool se uitstekende resultate

Jaco-Louis gaan chemiese ingenieurswese studeer aan die Universiteit van Pretoria.

Afrikaanse Hoër Seunskool het uitstekende resultate in die 2016 matriekeindeksamen met ’n 99.6 persent slaagpersentasie behaal waar hy 90.2 persent met universiteitstoelating geslaag het.

Jaco-Louis Venter het ’n 94 persent gemiddeld behaal, met agt onderskeidings, waarvan hy 100 persent vir wiskunde, 100 persent vir fisiese wetenskappe, 98 persent vir alpha wiskunde, 90 persent vir Afrikaans, en 94 persent vir musiek.

Jaco-Louis gaan chemiese ingenieurswese studeer aan die Universiteit van Pretoria.

Brenden van der Merwe het ’n gemiddeld van 92 persent in die eindeksamen behaal met nege onderskeidings met 98 persent vir wiskunde, 98 persent vir rekeningkunde, 97 persent vir alpha wiskunde en 95 persent fisiese wetenskappe.

Brenden gaan verder studeer in die mediese rigting.

Jean Hannah eindig sy matriekjaar met ’n gemiddeld van 90 persent en agt onderskeidings waarvan hy 98 persent vir wiskunde, 96 persent vir rekeningkunde, en 96 persent vir fisiese wetenskappe behaal het.

Jean gaan aktuariële wetenskap aan die Universiteit van Pretoria studeer.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button