Hoërskool Menlopark was Gauteng se derde-beste presteerder in die 2016-matriekuitslae.
Die skool het 737 A-simbole behaal, 629 B-simbole, en 275 van die 299 het graadvrystelling verkry met 91,97 persent.
Die skool spog met ’n slaagpersentasie van 100 persent en ’n gemiddeld van 72 persent.
In landwye terme het die skool ook uitstekend gevaar, bevind ’n studie deur die vakbond Solidariteit.
Hoërskool Menlopark het die beste in die land gedoen wanneer wiskunde, wetenskap en rekeningkunde ingereken word.
Menlopark was landwyd derde in wiskunde, tweede in rekeningkunde en tweede in wetenskap.
Hoërskool Menlopark was nasionaal ook op die voorpunt wat Afrikaans-huistaal betref.
Gerhard de Clercq was Menlopark se toppresteerder verlede jaar.
Hy spog met 100 persent in fisiese wetenskap, 99 persent vir wiskunde en 99 persent vir IT.
Hy het ook 97 persent vir alpha wiskunde, 93 persent vir IGO en 95 persent vir LO.
Dus behaal hy nege onderskeidings en ’n gemiddeld van 95,2 persent.
De Clerq was die hele matriekjaar eerste in akademie.
Hy wil elektroniese ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria studeer.
Hy glo dat hy ’n verskil kan maak in die moderne rekenaarwêreld wat volgens hom dikwels mense se onkunde uitbuit.
Stephan du Plessis was regdeur sy hoërskoolloopbaan een van Hoërskool Menlopark se toppresteerders en beklee die tweede plek in 2016 se topdrie .
Hy behaal uitsonderlike uitslae in 2016 se matriekeksamen met 99 persent in fisiese wetenskap, 97 persent vir rekeningkunde, 96 persent vir LO en 95 persent vir wiskunde.
Hy is ook ’n fotograaf van formaat en beplan om bedryfsingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch te studeer.
Stefan slaag matriek met sewe onderskeidings en ’n gemiddeld van 94,3 persent.
Emily du Pless was derde. Sy behaal 97 persent vir fisiese wetenskap, 95 persent vir wiskunde, 95 persnet vir LO en 94 persent vir visuele kuns.
Sy behaal agt onderskeidings en spog met ’n gemiddeld van 92,8 persent vir matriek.
Emily hoop om medies te gaan studeer.
Emily se talente is nie net in die akademie nie – sy het baie tyd op die balletverhoog deurgebring en neem ook musiek.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.


