Hoërskool Waterkloof spog met uitnemende prestasies deur sy drie 2016-topmatrikulante.
Elana Marais was die skool se beste student met ’n gemiddeld van 95.43 persent.
Sy het onderskeidings in al 10 haar vakke behaal, onder meer 100 persent vir geskiedenis, 98 persent vir rekeningkunde en 96 persent vir lewensoriëntering (LO).
Marais gaan medies studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en daarna sal sy wil spesialiseer.
Lielie Vijoen was kort op Elana se hakke met ’n finale gemiddeld van 92.86 persent.
Sy het 10 onderskeidings behaal van haar 11 vakke, met onder meer 95 persent vir wiskunde, 92 persent vir geskiedenis en 97 persent vir LO.
Viljoen wil in haar pa se voetspore volg en ’n wildveearts word.
Sy gaan aan die Universiteit van Pretoria studeer om dié droom te bewaarheid.
Ulrich van Gruting het 2016 afgesluit met onderskeidings in al nege van sy vakke.
Hy behaal 91 persent vir fisiese wetenskappe, 91persent vir geskiedenis en 94 persent vir LO.
Ulrich beplan om rekenaar biomediese ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria te studeer en daarna sy MBA te doen om sy eie ondernmeming te kan begin.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.


