Hoërskool Montana spog met ’n 100 persent slaagpersentasie en 73,5 persent universiteitsvrystelling.
Die top 10 van die skool se gemiddeld is 87,3 persent met ’n groepsgemiddeld van 64,1 persent.
Die top 21 se gemiddeld is bo 80 persent met ’n verdere 72 se gemiddeld bo 70 persent.
Ses leerders het sewe onderskeidings behaal, vier het elk ses onderskeidings en nege spog met soveel as vyf onderskeidings.
Die skool is trots op altesaam 346 A-simbole en 496 B-simbole.
Een van die toppresteerders, Chrystal Steyl, slaag met ’n gemiddeld van 91,4 persent.
Sy pryk met onderskeidings in Afrikaans huistaal (HT) – 89 persent, Engels eerste additionele taal (EAT) – 89 persent, wiskunde – 90 persent, lewensoriëntering – 97 persent, rekeningkunde – 94 persent, lewenswetenskappe – 91 persent en fisiese wetenskappe – 90 persent.
Sy beplan om op Stellenbosch hierdie jaar genetika te studeer.
Tanya van der Walt spog met ’n gemiddeld van 91,3 persent.
Sy slaag met onderskeidings in Afrikaans (HT) – 93 persent, Engels (EAT) – 89 persent, wiskunde – 90 persent, lewensoriëntering – 95 persent, rekeningkunde – 94 persent, lewenswetenskappe – 89 persent en fisiese wetenskappe – 89 persent.
Sy beplan om by die Universiteit van Pretoria aktuariële en finansiële wetenskappe te studeer en sê sy wil as aktuaris werk by “enige relevante instelling”.
Nadia Strydom slaag met ’n gemiddeld van 89,7 persent.
Haar vakke sluit in: Afrikaans (HT) – 92 persent, Engels (EAT) – 91 persent, wiskunde – 88 persent, lewensoriëntering – 90 persent, rekeningkunde – 89 persent, lewenswetenskappe – 90 persent en fisiese wetenskappe – 88 persent.
Sy sê sy beplan om menslike fisiologie, genetika en sielkunde te studeer, en ook te spesialiseer in kognitiewe-neurowetenskap.
Sy wil ook graag haar skryfwerk publiseer en haar eie Youtube-kanaal uitbrei.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

