Hoërskool Overkruin spog weereens met uitstekende prestasies na die 2016 matriekeksamens.
Vanaf 2000 spog die skool vir 13 jaar met ’n 100 persent slaagpersentasie.
Soveel as 210 leerders slaag die jaar en die skool is trots op altesaam 212 onderskeidings (A-simbole) en 328 B-simbole.
Die top 10 leerlinge se gemiddeld is 86,4 persent, 62 behaal ’n gemiddeld bo 70 persent en 18 spog met ’n gemiddeld bo 80 persent.
Vyf leerders slaag met sewe onderskeidings, vyf met ses onderskeidings en nog vyf behaal vyf onderskeidings.
Die topleerder spog met soveel as agt onderskeidings.
Estee Croucamp word geloof vir haar besonderse prestasies.
Sy slaag met 85 persent in Afrikaans huistaal (HT), 85 persent in Engels eerste addisionele taal (EAT), 87 persent in wiskunde, 91 persent in lewensoriëntering, 91 persent in rekeningkunde, 94 persent in rekenaartoepassingstegnologie, 86 persent in lewenswetenskappe en 90 persent in fisiese wetenskappe.
Kort op haar hakke is William Munnik met sewe onderskeidings.
Hy behaal 77 persent in Afrikaans (HT), 84 persent in Engels (EAT), 93 persent in wiskunde, 90 persent in lewensoriëntering, 98 persent in rekeningkunde, 90 persent in besigheidstudies en 85 persent in inligtingstegnologie.
Gerhardus Visser het ook uitgeblink tussen die toppresteerders.
Hy slaag ook met sewe onderskeidings: 80 persent in Afrikaans (HT), 80 persent in Engels (EAT), 92 persent in wiskunde, 85 persent in lewensoriëntering, 97 persent in rekeningkunde, 88 persent in geografie en 91 persent in fisiese wetenskappe.
Hoërskool Overkruin is baie trots op al die top leerlinge en wens hul sterkte toe met verdere studies en ’n blink toekoms!
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

