Hoërskool Pretoria-Noord spog met ’n 100 persent slaagpersentasie na die 2016 matriekeksamens.
Soveel as 78 leerlinge ontvang universiteitstoelating en die skool staan trots met altesaam 80 onderskeidings.
Een van die toppresteerders is Germi Pretorius wat ses onderskeidings behaal het.
Sy slaag met 85 persent in Afrikaans huistaal (HT), 81 persent in Engels eerste addisionele taal (EAT), 85 persent in lewensoriëntering, 90 persent in rekeningkunde, 87 persent in besigheidstudies en 84 persent in rekenaartoepassingstegnologie.
Carli Pretorius spog ook met ses onderskeidings: 83 persent in EAT, 85 persent in wiskunde, 87 persent in lewensoriëntering, 89 persent in rekeningkunde, 93 persent in toerisme en 89 persent in besigheidstudies.
Monja Nortjé is die skool se topleerling en spog met sewe onderskeidings.
Sy behaal 86 persent in Afrikaans, 81 persent in Engels, 91 persent in wiskunde, 91 persent in lewensoriëntering, 92 persent in rekeningkunde, 86 persent in lewenswetenskappe en 88 persent in fisiese wetenskappe.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

