NewsSchools

Hoërskool Zwartkops verbeter rekords vroeg in 2017

Die atletiekseisoen is die begin van baie opwinding by Hoërskool Zwartkop.

Hoërskool Zwartkop is baie tevrede met die afskop van die nuwe atletiekseisoen.

In die jaarlikse interhuisbyeenkoms het 29 atlete altesaam 23 rekords verbeter.

Caleb Beukes en Simonay Weitsz is as senior victor- en victrix ludorum aangewys en Ruan Claassens en Jeanette Louw is die junior victor- en victrix ludorum.

Beukes en Weitsz is voorlopig besig met die proewe vir die Suid-Afrikaanse span wat in Maart aan die Wêreld- landloopkampioenskappe sal deelneem.

Net ses atlete word in dié span opgeneem.

Beukes het reeds op 21 Januarie aan die proewe vir dié span deelgeneem en tweede plek verower.

Beukes neem op 29 Januarie deel vir ’n plek in die seunspan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button