NewsSchools

Skooltassies vir Laerskool Witpoort

"Die boodskap dat elkeen waardevol is, ten spyte van omstandighede, is aan die leerders oorgedra."

Solidariteit Helpende Hand het onlangs 21 skooltassies aan Laerskool Witpoort oorhandig as deel van hulle Skooltassie-projek.

Die Graad 1-leerders is met ’n poppekasvertoning en springkasteel bederf.

Meyer le Roux, wat ’n driekamp van 500km oor vyf dae gedoen het vir Solidariteit se Skooltassie-projek, het ook gedeel in die vreugde van die dag.

Elke tassie se inhoud is R850 werd en word aan Graad 1-leerders gegee wat dit nie kan bekostig nie.

Die dames van die Helpende Hand Cappuchino’s tak, wat gemeenskapswerk in die Witpoort omgewing doen, het die poppekas aangebied.

Die boodskap dat elkeen waardevol is, ten spyte van omstandighede, is aan die leerders oorgedra.

Die kinders het ook lekkergoedpakkies ontvang.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button