Hoërskool Gerrit Maritz spog met hul top leerders en prestasies na die 2016 matriek eksamens.
Die skool het ’n slaagsyfer van 95 persent behaal.
Een van die top leerders is Gaopalelwe Kungwane met ses onderskeidings.
Sy kan trots wees op haar prestasies en ’n gemiddeld van 89,6 persent.
Haar top vakke sluit in rekeningkunde, fisiese wetenskappe en wiskunde.
Ntsika Sombili het ook ses onderskeidings en ’n gemiddeld van 89,6 persent.
Hy is ook ’n boffin in wiskunde, fisiese wetenskappe asook lewenswetenskappe.
Tracey-Lee Ash behaal drie onderskeidings met ’n gemiddeld van 79,4 persent.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
