Laerskool Witpoort is baie opgewonde om hul splinternuwe Delmas-busroete bekend te maak wat van die ooste van Pretoria via die Delmaspad tot by die skool loop.
Die Delmasroete begin soggens by die Engen-vulstasie in De Villebois-Mareuilrylaan (Moreletapark) en stop by Rietvlei View, Moria Pluimvee, Bapsfontein en Nestpark voor dit die skool bereik.
Hul Garsfontein-bus, spog ook met ’n nuwe baadjie en ry van 1 Februarie met die skool se handelsmerk rond.
Hierdie bus vertrek in die oggende vanaf die Mooikloof Spar en stop by Grootfontein, Hedera-kwekery, Tierpoort en Bashewa.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
