Na afloop van die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen in 2016 is Hoërskool Montana aangewys as die beste akademiese skool in Tshwane-Noord.
Tydens die akademiese prysuitdeling wat op 31 Januarie plaasgevind het, het 67 graad 9’s, 62 graad 10’s, 16 graad 11’s en 15 graad 12’s toekennings ontvang vir ’n gemiddelde prestasie bo 80 persent in 2016.
Die aantal leerders met ’n gemiddeld bo 70 persent in 2016 is: 79 graad 8’s, 81 graad 9’s, 87 graad 10’s en 45 graad 11’s.
Die skool spog met ’n 99.24 persent slaagsyfer wat bestaan uit ’n 100 persent slaagpersentasie vir graad 12 en 99 persent slaagsyfer vir graad agt tot nege.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
