NewsSchools

Monties presteer ook in die water

Monties behaal ’n vierde plek.

Eerste kwartaal is swemseisoen en Hoërskool Montana se swemmers geniet hulself gate uit in die water.

Tydens die vriendskaplike swemgala wat op 26 Januarie by Pretoria Boys high school plaasgevind het, het die Monties uitstekend presteer.

Deelnemende skole was Menlopark A, Midstream College, Southdowns, Montana, Waterkloof, Affies en Pretoria Boys high.

Monties behaal ’n vierde plek.

Uit die B-liga gekombineerde skole behaal Monties ’n algehele tweede plek.

Brendan Brecher (o.19) behaal ’n tweede plek in die 50m-vryslag en ’n derde plek in die 50m-rugslag.

Die o.14 seuns behaal ’n eerste plek in vryslag-aflos en ’n derde plek in die medley-aflos.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button