NewsSchools

Menlo-atletiek gaan van krag tot kragtig

"Lohan Potgieter het presteer in die seuns o.16-gewigstoot met 17,18m; die diskus met 51,01m en die spiesgooi met 46,50m."

Die naweek van 4 Februarie het Hoërskool Menlopark hul 30e jaarlikse uitnodigingsbyeenkoms aangebied.

Die ander skole wat deelgeneem het, was Hoërskool Menlopark, Hoërskool Klerksdorp, Prestige College, Pietermaritzburg en Distrikte, Pretoria Boys’ High School en Pretoria High School for Girls.

Uitsonderlike atletiek is gelewer en ’n hele paar rekords verbeter.

Charl Ehlers, die graad 8-Menlo-atleet het met die seuns o.14-diskus ’n afstand van 46,18m gegooi.

Dit het vir hom 1 097 punte op die Absa-tabel beteken.

Hy het ook die spies 54,18m weggesit.

Hy is aangewys as junior victor ludorum van die byeenkoms.

Janie Blignaut het die meisies o.15 100m in 12,20s en die 200m in 25,60s gewen.

Sy het ook 5,32m by die verspring behaal.

Lohan Potgieter het presteer in die seuns o.16-gewigstoot met 17,18m; die diskus met 51,01m en die spiesgooi met 46,50m.

Nsuku Baloyi het die 110m-hekkies in 13,80s afgelê en die 100m in 11 sekondes voltooi.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button