NewsSchools

Oosies se swemmers laat die rekords spat

Hoërskool Oos-Moot se swemmers het die swemseisoen op ’n hoë noot afgesluit.

Hoërskool Oos-Moot se swemmers het die swemseisoen op ’n hoë noot afgesluit deur uitmuntende prestasies en rekords te laat spat by die Interhoër B-liga.

Logan Truter o.14 is Oos-Moot se toppresteerder met ’n eerste plek en nuwe rekord in die 50m-rugslag en ’n eerste plek in die 50m-vlinderslag.

Hy word ook as die Junior Victor Ludorum tydens die byeenkoms aangewys.

Corlia Botha o.16 behaal die tweede plek en ’n nuwe rekord in die 50m-rugslag, en ’n tweede plek in die 100m-vryslag.

Sy is derde op die senior victrix-lys.

CJ van Zyl o.19 behaal eerste plekke in die 50m-borsslag en die 50m-vlinderslag.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button