CrimeNews

NASIONALE NUUS: Prokureur van Pretoria deur Middelburg Veediefstaleenheid gearresteer

Daar is hierdie week ’n groot slag teen veediefstal geslaan toe twaalf mense, waaronder ’n prokureur van Pretoria saam met elf ander verdagtes gearresteer is.

Die arrestasies volg op ’n operasie wat deur die Middelburg Veediefstaleenheid saam met ACSU Sekuriteit en privaat persone uitgevoer is, nadat sekere inligting ontvang is, volgens die Middelburg Observer.

Die operasie het vrugte afgewerp toe daar afgekom is op drie beestrokke, twee wat reeds gelaai was en ’n derde trok wat in die proses was om te laai, in die Breyten omgewing.

Lees volledige artikel op mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button