Local newsNews

OPVOLG: Affies skoolseun word Vrydag gegroet

Ian Visser wat sy lewe tragies vroeër die week beëindig het, sal Vrydag by Affies met 'n gedenkdiens gegroet word.

’n Spesiale gedenkdiens sal hierdie Vrydag by die Afrikaanse Seuns Hoërskool gehou word om hulde te bring aan die skoolseun wat vroeër die week selfmoord gepleeg het.

Ian Visser, wat aan die einde van sy graad 11 jaar tot die 2018/2019 Affiesraad verkies is, is Maandagmiddag oorlede.

Die hartseer nuus van die leerder se afsterwe is Dinsdagoggend op die skool se Facebook-blad gedeel.

Daar was ook ’n oomblik van stilte gedurende die saalopening Dinsdag wat deur Ds. Paulus Burger van die NG Pretoria Oos-gemeente gelei is.

LEES OOK: Kerse brand na Affies seun se dood

Die skoolsielkundige, Dr. Santa Josling, was ook tydens die opening teenwoordig om Visser se maats te ondersteun.

’n Gedenkhoekie met ’n tafel, ’n groot foto van Ian, kerse wat brand en ’n boodskapboek is in die skool se ingangsportaal ingerig.

“Hy was ’n baie talentvolle seun,” het Dirk Taljaard, Affies se skakelbeampte, Dinsdag gesê.

Taljaard het Visser as ’n baie talentvolle en uitstekende saksofoonspeler beskryf.

Taljaard het reeds Dinsdag gesê die oorsaak van Visser se dood is algemene kennis en dat die skool liefs nie daaroor sal uitbrei nie.

“’n Gedenkdiens vir Ian sal Vrydag om 12:00 by die skool plaasvind.”

Taljaard kon egter nie verdere inligting rondom die gedenkdiens bekendmaak nie omdat dit nog beplan word.

Hy het gesê die skool sal later vandag met Ian se ouers ontmoet wat tans besig is om verdere begrafnisreëlings te tref.

Affies rou nadat een van hul leerlinge Maandag selfmoord gepleeg het.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button