Die hokkiespanne van Hoërskool Menlopark was verlede week regoor die land in aksie in die Noordvaal en Top 12 toernooie. Die o.14- en o.15-meisies het die Noordvaaltoernooi aangepak, die o.16-meisies en seuns het aan die Top 12 toernooi in Paarl deelgeneem, terwyl die eerste span (meisies) aan die Top 12 toernooi in Bloemfontein deelgeneem het.
Die o.14-meisies het ’n vierde plek behaal en die o.15-meisies is, na ’n titaniese stryd, gekroon as wenners van die Noordvaalfinaal.
Menlo se o.16-meisies eindig sesde by die Top 12 toernooi en die o.16-manne eindig vyfde by die Top 12 toernooi. Die naweek is op ’n hoë hokkienoot afgesluit met Menlopark se eerste span wat die derde plek by die nasionale Top 12-toernooi behaal het.
Die Menlo-afrigters is baie trots op elkeen van die hokkiespelers wat regdeur die seisoen hard gewerk het en hulle is oorgehaal om in die toekoms selfs hoër hoogtes na te streef.
Hokkiedrome word bewaarheid in blou, Menlo-blou!
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
Rekord East
Rekord North
Rekord Centurion
Rekord Moot
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
