NewsSchool sportSchoolsSport

Zwartkop langasems bult spiere by ASA-kampioenskappe

Die ASA-landloopkampioenskappe is op Saterdag, 7 September aangebied by Hoërskool Uitsig.

Die ASA-landloopkampioenskappe is op Saterdag, 7 September aangebied by Hoërskool Uitsig.

Hoërskool Zwartkop se langasems het weereens gewys waarvan hulle gemaak is en het ’n totaal van 10 groep medaljes en 3 individuele medaljes ingepalm.

Li-Mari Dekker het toeskouers behoorlik naels laat kou toe sy vanuit ’n derde na tweede plek verbeter het en uiteindelik die eerste plek ingeneem het. Sy is bekroon as die o.14 ASA-landloopkampioen. Sy het ook ’n silwermedalje in die spankompetisie verower.

Nog uitblinkers op die dag was: Annika Joubert (o.15) met ’n 8e plek en ’n goue medalje in die spankompetisie beloon is.

André Pieters (13e) en Diwan van Rooyen (43e) onderskeidelik behaal vir o.14-seuns.

Wandre Nel neem die 57e plek vir o.16 seuns. Vir dogters o.14 het Christine Knoesen (27e), Deseré Steynberg (37e) en Charissa Botha (67e) posisies behaal.

Nicola Knoetze (o.16) verower die 42e en Tiné Neü (O/17) die 39e plek.

Maar dit is nie net die leerders van Hoërskool Zwartkop wat bene van staal het nie.

Juffrou Aynslee van Graan, mede-afrigter van die Zwarri- landloopatlete het derde in die 10km en eerste in die 4km senior vroue wedloop geëindig.

Baie geluk met hierdie merkwaardige prestasies en aan al die atlete wat deelgeneem het.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East
Rekord North
Rekord Centurion
Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button