Hugo bel die polisie: Buurman se skilderye nou in aanvraag
Die man met die prostetiese been in die “Hugo, bel die polisie” video gesels oor die dag van die geveg en sy skilderye.

’n Man wat bekendheid verwerf het nadat hy in ’n video met sy prostetiese been agter ’n wit motor probeer aanhardloop, sê sy skilderye is skielik in aanvraag.
Dié video is verlede jaar in Pretoria-Noord deur sy buurvrou verfilm en wys ’n geveg wat in die straat uitgebreek het.
Wynand Janssen sê hy was op daardie oomblik besig om aan sy skildery van die flaminke te werk toe hy ’n bohaai voor by die hek hoor.
Dit is toe dat hy aangehardloop kom en die jong mans in die wit motors inspring en wegjaag.
Janssens vertel sy vrou het gereeld na die jong blondekop vrou se kleintjie gekyk. Die jong blondekop vrou se kêrel en Janssens se seun kom nie oor die weg nie en het al ’n geruime tyd vir mekaar ‘gegrom’.
Op die dag van die voorval het die bom uiteindelik tussen die jong blondekop vrou se kêrel en Janssens se seun gebars.
Die jong blondekop vrou se kêrel het toe gery om van sy vriende te gaan haal en weer terug na Janssens se huis gery toe die groot bakleiery uitbreek.
Die video is eers ’n jaar en ’n maand later op sosiale media uitgelek wat vir ’n aantal spotprente en selfs liedjies gesorg het.
Janssens sê hulle het maar lekker saamgelag.

Daar is een liedjie wat na die video opgeneem is wat egter nie sy goedkeuring wegdra nie.
“Die Jak de Priester-liedjie is nou ’n simpel song en ’n klomp snert. Hy het nie respek vir ou mense of mense met ’n gebrek nie. Dis nie ’n grap om so te wees nie,” sê hy oor die “Hugo, bel die polisie”-liedjie.
Janssens wat met sy prostetiese been die motor agternasit, vertel hy het sy regterbeen verloor toe ’n 2.5ton vurkhyser op sy been geval het.
“Ek het ses operasies op my knie ondergaan as ek reg kan onthou. Sewe jaar gelede is my been toe uiteindelik bo die knie geamputeer,” vertel Janssen.
Nadat Janssens vroeër die week op Rian van Heerden se radioprogram oor die voorval gesels het, het daar verskeie mense gesê hulle stel belang om die flamingo-skildery wat hy op die dag geverf het, te koop.
“Ek het nie Facebook nie, so my dogter het vir my die boodskappe gewys waar die mense op die skildery ’n bod plaas,” vertel Janssens opgewonde.
Die eerste aanbod was R1 000, toe R1 300 en toe styg dit na R2 000.

“Ek skilder al van kleins af. Toe het ek vir ’n ruk opgehou. Na my seun se dood in 2016 weens die chemo het ek weer die kwas opgetel.”
Janssens vertel hy het al van sy skilderye verkoop aan ’n niggie wat in Heidelberg bly.
“Ek het nie ’n gunstelingmedium nie – ek verf met alles van waterverf tot olieverf,” sê hy.
Janssens sê hy beplan nog om al sy kinders en klein kinders te skilder.
READ MORE: Hugo het toe nie die polisie gebel nie.
CLICK HERE TO READ THE ARTICLE IN ENGLISH: Hugo bel die polisie prosthetic man’s painting in demand
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
Rekord East
Rekord North
Rekord Centurion
Rekord Moot
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
