Local newsNews

Woerieklas van 1970 hou reünie

Oud-leerders het van heinde en verre gekom om staaltjies van die afgelope 50 jaar te deel.

Hoërskool Hendrik Verwoerd se matriekklas van 1970, het onlangs hul 50e reünie gevier.

Oud-leerders het van heinde en verre gekom om staaltjies van die afgelope 50 jaar met mekaar te deel.

Die aangeleentheid het by Waterkloof-buitebaan plaasgevind.

Vanweë die pandemie, moes die funksie met ’n jaar uitgestel word.

Adriani Strauss van Zyl, Leonie Beukman en Elaine Pieterse. Foto: Verskaf

Adriani Strauss van Zyl, Magda van Deventer en Casper Bornman, het die geleentheid gereël.

Woeries van sover ver as Nieu-Seeland, Frankryk, Botswana en Namibië het saam feesgevier.

Van Zyl sê dat die atmosfeer met liefde, omgee en ’n geweldige meelewing met mekaar aan die orde van die dag was.

“Hierdie vriende is soos broers en susters. Sou een in nood wees, spring almal in en help,” sê sy.

Emil Visage, Adriani Strauss van Zyl en Casper Bornman. Foto: Verskaf

Uit hierdie geledere kom professors, ’n rektor van ‘n universiteit, ’n ou bekende wat Fokus met Freek aangebied het op die kassie asook dokters, predikante, ingenieurs, onderwysers, maatskaplike werkers, lektore, Bio-Chemici ouditeurs, boere en vele ander beroepe.

“Wat ’n aangename ervaring en voorreg was dit om te midde van Covid-19, mekaar net aan die arms te druk en fees te kon vier.

“Elke kundige het sy of haar deel bygedra om die pragtige funksie te kon aanbied.”

Een van Woeries se oud-leerlinge het die tafels opgetooi met kunstige rangskikkings.

Johnny Millias, Fred Kerkhoff en André Grobler. Foto: Verskaf

’n Griekse skoolmaat en sy suster het gesorg vir heerlike Griekse koekies soos net die Grieke dit kan doen.

Heerlike biltong is vanuit Upington gebring wat as voorgereg gedien het.

“Hierdie groep dra mekaar deur verdriet en vreugdes en hoe dan nou anders? Dit is hoe ons Moot-kinders mekaar leer ken het.”

LEES MEER: Child kidnapping prevention tips for all ages

Die naam van die skool is reeds geruime tyd al na Rietondale High verander.

“Ons hoop is dat die huidige leerlinge van die skool ons voorbeeld sal volg en ook eendag makietie na 50 jaar sal hou.”

Die ou skoollied is gesing soos van ouds af nes die groep dit vir die eerste keer saam gesing het.

“Dit was ’n besonderse geleentheid gewees.”

Die organiseerder van die funksie en vorige reünies het ’n spesiale oorkonde ontvang vir die reël van al die reünies oor die afgelope 50 jaar.

“Leerlinge van die Moot! Ons is nog die sout van die aarde en ons hoop jul koester ook soos ons wat al 51 jaar gelede in matriek was.

“Julle kosbare ontwikkelingsjare moet op Christelike en morele waardes gebaseer word.

“Dit was vir ons ’n groot voorreg om in die Moot groot te word en ons sal die herinneringe wat ons van mekaar het, vir altyd koester,” sê Van Zyl.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button