Só lyk vanjaar se Mnr. en Mej. Oos-Moot
Sanger en TV-persoonlikheid, Willem Botha, het as gaskunstenaar opgetree.
Vanjaar se gesogte Mnr. en Mej. Oos-Moot van 2022, is deur Arno van der Merwe en Steffie Louw, opgeraap.
Die kroningseremonie het verlede week in die Hoërskool Oos-Moot se skoolsaal plaasgevind.
Soos oudergewoonte, het die aand nie teleurgestel nie en was dit geen maklike taak vir die beoordeelaars om die onderskeie wenners te kroon nie.
Sanger en TV-persoonlikheid, Willem Botha, het as gaskunstenaar opgetree.
Voormalige leerders van die hoërskool, Francois Botha, Brandon Alblas, Gerjo Oosthuizen, Elizabeth Dreyer, Chrisna van Zyl en Lizelle Furter het die moeilike keuse gehad om hul kruisies by die deelnemers se naam te trek om as algehele wenner aangewys te word.
Die finaliste is reeds vroeër vanjaar aangekondig.
Dié titel het verlede jaar aan Carlo Jansen van Rensburg en Nicole Shepherd behoort.
Só lyk vanjaar se kategoriewenners:
– Mnr. en Mej. Oos-Moot: Arno van der Merwe en Steffie Louw
– Eerste prins en prinses: Jaen-dré de Bruyn en Robin Ellis
– Tweede prins en prinses: Ruan Els en Mirca-lee Oosthuysen
– Mnr. en Mej. deurlopend: Waldo Smith en Mirca-lee Oosthuysen (hierdie wenners is deur die choreograaf op algehele houding, gees en positiwiteit tydens die hele verloop van Mnr. en Mej. Oos-Moot gekies)
– Mnr. en Mej. Fotogenies: Ryan Scott en Megan Smit (hierdie wenners is deur die fotograaf verkies)
– Mnr. en Mej. Persoonlikheid: Jacques Benadie en Suané Dekker (soos deur die die finaliste verkies)

LEES MEER: Die Groot Trap vier fietsryers se terugkeer na die pad
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
