Waterkloof se blou tornado net-net baas oor Menlopark
Die Hoërskool Menlopark het egter die oorhand op die hokkieveld en netbalbane gehad.
Die eerste ronde van die Noordvaal-trofee se Bekerafdeling tussen Hoërskool Waterkloof en Die Hoërskool Menlopark se eerste rugbyspanne was ’n senutergende wedstryd.
Waterkloof het naelskraaps met 7-6 geseëvier.

Die eindfluitjie het reeds geblaas toe ’n strafskop aan Menlopark toegestaan is. Menlopark se losskakel, Marco Strydom, kon egter nie daarin slaag om die bal deur die pale te kry nie.

Waterkloof het Menlopark se kwartgebied ’n volle 12 keer besoek.
Die besoekende skool, Hoërskool Waterkloof het reeds in die eerste paar minute van die kragmeting na ’n rolmaalbeweging ’n vyfpunter deur die regterflank Jean Jooste aangeteken.
Johan Stroh het die bal deur die pale geskop om Waterkloof ’n voorsprong van 7-0 te gee.

’n Strafskop is kort daarna aan die tuisspan toegedien met Strydom wat met die doelskop geslaag het.
Die rustydtelling was 7-3 in Waterkloof se guns.
Strydom het kort na die begin van die tweede helfte met ’n strafskop geslaag.
Die Hoërskool Menlopark het egter die oorhand op die hokkieveld en netbalbane gehad.
Uit die 15 netbalwedstryde wat gespeel is, was Menlopark met 12 bobaas.

Die eerste span het ’n sege van 31- 14 behaal.
Menlopark se Alex Horn en Luca Keun wat onderskeidelik HV- en V-posisie gespeel het, het sake baie moeilik in Waterkloof se doelsirkel gemaak.
Op die AstroTurf het Menlopark se eerste seuns Waterkloof met 3-1 getroef terwyl Menlopark se hokkiemeisies ook as wenners van die veld met ’n oorwinning van 2-1 weggestap het.

Menlopark kom hierdie naweek teen Hoërskool Garsfontein te staan terwyl Hoërskool Waterkloof na Hoërskool Marais Viljoen reis.
In ander wedstryde, het Hoërskool Monument ’n wegholoorwinning teenoor Hoërskool Garsfontein van 43-19 behaal. Die Afrikaanse Hoër Seunskool moes hard werk om ’n oorwinning van 19-13 teenoor King Edvard VII School te besorg.
Grey Kollege en Hoër Meisieskool Oranje van Bloemfontein toer eerskomende naweek na Affies wat seker een van die grootste hoogtepunt op die jaarlikse skoolkalender is.
Só het die spanne tussen Hoërskool Waterkloof en Die Hoërskool Menlopark gevaar:
Hokkie
Meisies:
– o.14 A
Waterkloof vs. Menlopark 0-0
– o.14 B
Waterkloof vs. Menlopark 0-1
– o.14 C
Waterkloof vs. en Menlopark 2-0
– o.15 A
Waterkloof vs. Menlopark 3-0
– o.15 B
Waterkloof vs. Menlopark 4-0
– o.15 C
Waterkloof vs. Menlopark 2-0
– o/16 A
Waterkloof vs. Menlopark 0-0
– o.16 B
Waterkloof vs. Menlopark 1-elk
– Derde span
Waterkloof vs. Menlopark 2-0
– Tweede span
Waterkloof vs. Menlopark 2-3
– Eerste span
Waterkloof vs. Menlopark 1-2
Seuns
– o.14 A
Waterkloof vs. Menlopark 2-0
– o.14 B
Waterkloof vs. Menlopark 3-1
– o.16 A
Waterkloof vs. Menlopark 0-0
– o.16 B
Waterkloof vs. Menlopark 0-0
– Tweede span
Waterkloof vs. Menlopark 0-1
– Eerste span
Waterkloof vs. Menlopark 1-3.
Netbal
– o.14 A
Waterkloof vs. Menlopark 17-20
– o.14 B
Waterkloof vs. Menlopark 8-17
– o.14 C
Waterkloof vs. Menlopark 23-17
– o.14 D
Waterkloof vs. Menlopark 11-15
– o.15 A
Waterkloof vs. Menlopark 16-25
– o.15 B
Waterkloof vs. Menlopark 17-20
– o.15 C
Waterkloof vs. Menlopark 14-17
– o. 15 D
Waterkloof vs. Menlopark 11-14
– o.16 A
Waterkloof vs. Menlopark 15-18
– o.16 B
Waterkloof vs. Menlopark 14-20
– o.16 C
Waterkloof vs. Menlopark 19-10
– o.17 A
Waterkloof vs. Menlopark 23-31
– o.17 B
Waterkloof vs. Menlopark 24-15
– o.18 A
Waterkloof vs. Menlopark 14-31
– o. 18 B
Waterkloof vs. Menlopark 14-18.
Rugby
– o.14 A
Waterkloof vs. Menlopark 10 elk
– o.14 B
Waterkloof vs. Menlopark 36-0
– o.15 A
Waterkloof vs. Menlopark 6-0
– o.15 B
Waterkloof vs. Menlopark 33-0
– o.16 A
Waterkloof vs Menlopark 16-11
– o.16 B
Waterkloof vs. Menlopark 33-0
– Derde span
Waterkloof vs. Menlopark 48-0
– Tweede span
Waterkloof vs. Menlopark 32-5
– Eerste span
Waterkloof vs. Menlopark 7-6.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
