Local newsNews

Sypaadjie-wisseltrofeë kry ’n nuwe staanplek

Dié wisseltrofeë spog vir die res van die maand onderskeidelik in Tamryn Colyn in De Friedlandstraat en by Yonne Mathibe wat in Sewende Laan woon, se voorerf.

Die wenners van Caprra se maandelikse sypaadjie-kompetisie, is onlangs aangewys.

Dié wisseltrofeë spog vir die res van die maand onderskeidelik in Tamryn Colyn in De Friedlandstraat en by Yonne Mathibe wat in Sewende Laan woon, se voortuine.

Colyn en Mathibe se groenvingers het Donne-li Johnson, ’n huisagent van Real One Real Estate se oog onmiddellik gevang.

Die kompetisie word deur die Capital Park Residents and Ratepayers Association (Caprra) en Real One Real Estate aangebied.

Mathibe sê dat Johnson se besoek heel onverwags was.

“Ek was uit die veld geslaan toe Donne-li aan my voordeur klop om my in kennis te stel dat ek vandeesmaand se wenner is,” sê sy.

Tamryn Colyn.

Sy moet egter bieg dat sy nog nie voorheen van hierdie kompetisie gehoor het nie, maar sy het al die trofee in die omgewing gesien het.

“Hierdie trofee is ’n bewys dat ure se werk in die tuin, die moeite werd is. Ek hoop hierdie trofee motiveer ons mede-inwoners van Capital Park om ook na hulle omgewing om te sien en netjies te hou om vir ons ’n lus vir die oog te wees.

“Ons moet trots wees om te kan sê ons woon in Capital Park.”

Colyn, wat al vir die afgelope ses jaar in die omgewing bly, vertel dat die trofee ’n groot verrassing is.

“Ek doen net my deel vir die omgewing en nooit in my wildste drome het ek gedink om daarvoor beloon te word nie,” sê sy.

Colyn noem dat hierdie toekenning ’n inspirasie vir haar is om haar harde werk in die tuin voort te sit.

“Ek is gek oor inheemse plante. Ons woon in ’n wonderlike land en ons moet omsien na ons omgewing.”

Gedurende die inperkingstydperk, het Colyn ’n kruietuin begin.

“Ek hou daarvan om agter die kookpotte in te spring waar ek met allerhande speserye eksperimenteer. Ons het ook ’n klein groentetuin.”

Dié trofeë word op ’n maandelikse basis oorhandig – nie net vir die mooiste sypaadjie nie – maar ook vir die een wat die beste onderhou word.

Wenners ontvang ’n wisseltrofee asook ’n klein trofee wat hulle as herinnering vir die gedurige swoeg en sweet in die tuin kan hou.

Yvonne Mathibe.

Só lyk vanjaar se wenners sover:

– Februarie: Jan Steyn-Greeff en Lizelle Stemmett
– Maart: Shoes Kola en Gary Meal
– April: Johan de Bruyn en Johny Dhlamini
– Mei: Mari en Barry van Wyk, en Doreen en Sakkie de Bruyn

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button