Film om boelie aan te spreek, bekendgestel
Die kwessies van boelie en selfdood word in die kort film aangespreek.
’n Glansgeleentheid het die lig laat val op ’n ernstige kwessie: boelie. En terwyl daar lekker gekuier is, was die onderwerp op almal se lippe, want die probleem word al hoe groter.
Die Val, ’n kortfilm met die doel om hoop te skep by jongmense, is vanaf 10 September (ook Wêreldselfdoodbewusmakingsdag) gratis op AfriForumTV beskikbaar.
#DieValFilm het ontstaan deur die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelie- en selfdoodbewusmakingsveldtog wat sedert 2017 meer as 120 000 leerders in Suid-Afrika bereik het.
ALSO READ: AfriForum lig leerders van Laerskool Saamspan in oor boelies
“Met hierdie film glo AfriForum dat dit ons hande sterker sal maak om by meer jongmense uit te kom, asook ouers en onderwysers. Veilige skole sorg ook vir veilige gemeenskappe – nie net nou nie, maar ook in die toekoms,” sê Leandie Bräsler, bestuurder van jeugleierskap by AfriForum.
Die kortfilm verken die uitdagings waarmee jongmense vandag gekonfronteer word en hoe hulle hul pad deur die onsekerheid van tienerskap en jong volwassenheid moet vind.
Die draaiboek vir Die Val is deur dr. Tarryn-Tanille Prinsloo geskryf. Katelynn Labonté van AfriForumTV het die regie behartig en ook die oorspronklike storie geskryf.
Die publiek kan gratis by www.afriforumtv.co.za registreer om die #DieValFilm te kyk of laai die AfriForumTV-toepassing af by Google Playstore of die App store.
ALSO READ: Tshwane scoops International Tourism Film Festival Award
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
