Local newsNews

Skoolkoor bekoor internasionale beoordelaars

'n Skoolkoor van Pretoria se vertolking van die liedjie “Air and Fire” het aan hulle 'n spesiale toekenning besorg by 'n internasionale koorkompetisie. Hulle het ook met twee lofwaardige toekennings weggestap.

Die koor van die Die Hoërskool Menlopark is aangewys as kategoriewenners en as beste gemengde jeugkoor by die 12e Internasionale Johannes Brahms-koorkompetisie in Wernigerode in Duitsland.

Die koor, onder leiding van Jeanmari van Papendorp, stap ook weg met ’n spesiale toekenning vir die vertolking van die liedjie “Air and Fire”.

Koorleier Jeanmari van Papendorp. Foto: Facebook/Jeanmari van Papendorp

Die kompetisie is van 5 tot 9 Julie in dié kleurvolle stad in die provinsie Harz aangebied.

Soveel as 27 kore van 14 lande het in die verskillende kategorieë deelgeneem.

Die Brahms-kompetisie is een van Interkultur se kompetisies. Die organisasie is die konsessiehouer van die Wêreldkoorspele.

Die Hoërskool Menlopark is kategoriewenners asook beste gemengde jeugkoor. Foto: Facebook/Menlopark

Die openingskonsert het by die Liebfrauen-konsertsaal op 5 Julie plaasgevind.

Kore het ook in die duisend jaar oue Halberstadt-katedraal opgetree.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?

Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button