By dié skool is dit net tweelinge waar jy kyk vir leiers
Hoe ongewoon! Twee pare tweelinge is in 2024 aan die stuur van skoolleierskapsake by 'n laerskool in die Moot.
By die Laerskool Villieria in die Moot is dit net tweelinge waar jy kyk vir leierskapposisies in 2024.
Die Roos-tweeling, Jordan en Lisha gaan die hoofleiersposisies vul.
Die twee onderhoofleiers is die Oosthuizen-tweeling: Rodrick en Lumari.
Dit is die eerste keer dat so iets in die 120-jaar van die skool in Villieria se geskiedenis gebeur.
Die onderwyser verantwoordelik vir die kies en die bestuur van die leiers, Lindie van der Bank, sê die keuse van leiers word deur die leerders in graad 6 gemaak.
“Hierdie twee tweelinge was gewilde leerders wat reeds lank hul kant vir die skool bring,” verduidelik Van der Bank.
Lisha Roos (hoofdogter) beplan om seker te maak dat al die skoolfunksies goed sal uitwerk en mooi beplan sal wees.
“Die skool verdien dit want die onderwysers is ongelooflik,” sê sy.
Lumari Oosthuizen weer beplan om saam met “ons wonderlike hoofmeisie en span te werk”.
“Die onderwysers verdien om met geskenkies bederf te word,” meen Lumari.
Hulle stem saam dit is nie elke dag ’n vreugde om ’n tweeling te wees nie.
Die een rede is dat mens ’n verjaarsdag moet deel en soms stry wie die oudste (dalk net ’n paar minute) is.
Jordan Roos (hoofseun) sê dis “meesal lekker want mens is nooit alleen nie”.
Vir Roderick Oosthuizen (onderhoofseun) weer is dit lekker om altyd ’n maat te hê om mee te speel.
“Al stry sy of ek reg is of nie,” sê hy tot sy sussie se groot vermaak.
Lees ook: Bittereinderleier kry borgtog van R1 000 na beweerde mokerhou met brandewynbottel in kroeg
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
