Local newsNews

Forum vier Hercules se negentigplussers se jarelange bydrae

'n Vrolike funksie met soetgoed en lofdanse is deur 'n gemeenskapsforum vir die negentigerplussers aangebied.

Die Hercules GPF het onlangs ’n vrolike herdenkingsdag vir senior burgers in hul gemeenskap gereël.

Dié dag is vir diegene in die gemeenskap van 90 jaar en ouer.

Twee van die inwoners wat 90 jaar oud is en in Mirethof-aftreeoord woon, is Louise Swart (links) en Paul Engelbrecht (regs). Die voorsitter van die vier sektore van die Hercules GP, Johan van Staden (agter), het die negentigplussers by die funksie verwelkom. Foto: Elize Parker

Die GPF sien onder meer om na slagoffers van misdaad, senior burgers en kinders.

Philip Buys was een van talle fiks en gesonde negentigplussers wat die herdenkingdag bygewoon het.

“Ek het gister bietjie oorboord gegaan. Ek het die hele grasperk gesny, die wasgoed gedoen en ’n brood gebak,” sê die 93-jarige fiks en gesonde Buys met ’n vonkel in sy oog.

Buys is nog springlewendig en gesond. Hy het vertel oor hoe hy in Derdepoort en Villieria op plase grootgeword het waar hul familie met groente geboer het.

Sy resep om ’n hoë ouderdom te bereik is om voortdurend aan die gang te bly.

Dansers en pastore van Grapeseed Ministery in Claremont het tydens die Hercules GPF se funksie vir negentigplusers opgetree. Hulle is: Mariaan Greyling, Elsie van Wyk, Marietjie Naudé en Estie Strydom. Foto: Elize Parker.

Hy glo “mens moet vir jouself doen wat jy kan doen en self al jou wasgoed stryk”.

Die forum se organiseerder van die oggend, Johan Cloete, het in sy verwelkoming hulde aan die negentigplussers gebring vir hul bydrae oor die jare aan die Hercules-gemeenskap.

“Daar word in sommige gevalle en gemeenskappe nie genoeg erkenning aan sulke bydraes gegee nie en die minimum word gedoen om die senior burgers te help. Ons wil uitreik en dankie sê deur vandag die goue oues te bederf,” sê Cloete.

Liesbet Mahlaolo (links) en haar dogter Lettie Aphane. Foto: Elize Parker

Cloete wys daarop dat die forum veral daarteen waak dat bejaardes wat alleen woon onveilig is.

“Ons stap ’n pad om ook verwaarlosing van bejaardes aan te spreek en toe te sien dat hulle oorweeg om in aftree-oorde te woon,” verduidelik Cloete.

Johan van Staden, die voorsitter van die vier sektore van die forum, sê een honderdjarige inwoner, twee van 96 jaar, twee van 95 jaar en drie van 94 jaar sowel as ’n paar net skuins na 90 jaar woon in hul gemeenskap.

“Vandag is die vaders en moeders van hierdie gemeenskap ons eregaste. Ons stap graag in die voetspore van hierdie goue oues en kan steeds baie by hulle leer,” benadruk Van Staden.

Lees: Eerste skooldag: Vasbyt, geen trane nie

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button