Local newsNews

Buurtspan transformeer Suidspruit in gemeenskapspark

Wat eens ’n toegegroeide spruit was, is nou ’n pragtige park.

Die AfriForum Groter Moot buurtspan is tans druk besig om die Suidspruit in 19de Laan te transformeer.

Die span is tans besig om oorgroeide bosse, laaghangende takke en indringerbome te snoei en te verwyder. “’n Taak wat presies geskik is vir die winterseisoen,” sê buurtbeampte Andries Opperman.

Hy meen dat daar al ’n lang pad gestap is rakende hierdie projek. “Twee jaar terug het ons oorkant Oppiplaas begin en die span vorder fluks met beide die Noord- en Suidspruit.”

Die toegewyde span het stelselmatig beide die Noord- en Suidspruit-gebiede skoongemaak en wat eens ’n toegegroeide spruit en ’n brandpunt vir onwettige nedersettings em aktiwiteite was, is in ’n pragtige gemeenskapspark verander.

Die span se pogings gaan nie net oor die skoonmaak van plantegroei nie; dit gaan oor die herwinning en herlewing van gemeenskapsruimtes.

Die voortdurende transformasie van die spruit skep ’n veiliger, skoner en meer verwelkomende omgewing vir alle inwoners van die Moot-area. “Stukkie vir stukkie word die spruit aanvalsroete en plakkerskamp boskasie ’n park,” meen Opperman.

Hierdie betekenisvolle werk berus egter op die ondersteuning en vrygewigheid van die gemeenskap. Opperman sê enige skenkings is welkom.

Die AfriForum Groter Moot buurtspan is daartoe verbind om die spruit ’n pragtige, veilige en genotvolle park vir die hele gemeenskap te maak.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button