News

Verlore trouring terug by sy eienaar

Die verlore diamant-trouring wat opgetel is in die parkeerterrein van Checkers in Waverley in Pretoria is terug by die regmatige eienaar.

Elf dae nadat Daleen Taljaard haar spesiale diamant-trouring verloor het in die parkeerterrein van Checkers in Waverley in Pretoria is het sy dit terug danksy ‘n goedhartige Mooter.

Lydia van der Kooy, sosialemediabeampte by Sol-Tech, het op Junie 29,  dié ring opgetel en die eienaar daarvan vergeefs probeer opspoor het.

Rekord het vroeër berig oor die haar soektog na die eienaar.

Lees ook: Het jy jou diamant trouring in die Moot area verloor?

Van der Kooy sê nadat die berig verskyn het, het minstens baie mense van regoor die land haar gekontak oor die ring.

“Daar het so baie mense my gekontak wie se trou ringe verloor is. Dit is jammer vir hulle.”

Van der Kooy het bygevoeg dat sy nou baie verlig is dat die ring in die regte hande is.

“Ek is so bly dat ek haar opgespoor het. Dit is vir my baie spesiaal,” sê Van der Kooy.

Taljaard sal in Desember 26 jaar lank met haar man, Matt, getroud wees.

Haar vriendin het haar Woensdag vertel van ʼn verlore ring waarvan sy gelees het.

Toe hulle 20 jaar getrou was het hulle die ring laat maak, die steen wat in die ring is, is haar ouma se steen.

Verlore trouring terug by sy eienaar
Verlore trouring terug by sy eienaar. Foto: Verskaf

Volgens Van der Kooy het Taljaard haar Woensdag genader op epos met fotos. Nie net het Van der Kooy self met die juwelier gesels wat die ring destyds gemaak het nie maar Taljaard kon selfs se in watter deel van die parkeerterrein sy gewoonlik stop.

Daar word vermoed dat sy haar ring verloor het terwyl sy pakkies in haar kar gelaai het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  [email protected] of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button