News

Is die Jopie Fees gekanselleer of slegs uitgestel?

Die Jopie Fees wat die komende naweek sou plaasvind is nié gekanselleer nie maar slegs uitgestel. Hier is meer inligting.

Die Jopie Fees wat die komende naweek by die Voortrekkermonument sou plaasvind is nié gekanselleer nie maar slegs uitgestel.

Volgens die organiseerder is dit weens te min ondersteuning en belangstelling in dié fees.

“Die fees is nie gekanselleer nie, dit word slegs uitgestel na volgende jaar toe.”

Teen Dinsdagmiddag het die organiseerder gesê die voorlopige datum is nou 8 Maart 2025, nadat daar aanvanklik gesê is die nuwe datum vir die fees is 28 Maart 2025.

Die organiseerder het bygevoeg dat hulle dit nader aan die tyd sal bevestig asook die lys van kunstenaars wat gaan optree.

“Dit beteken alles word net geskuif na die nuwe datum toe. Ons probeer om dieselfde kunstenaars vir die uitgestelde datum te kry.”

Dit kom ten spyte van ‘n plasing op dié fees se Facebook-blad Dinsdagoggend wat sê die fees is gekanselleer.

Hier is die plasing:

“Dit is met swaar en seer harte dat ons moet aankondig dat die Jopie Fees gekanselleer is weens omstandighede buite die organiseerders se beheer,daar was net te min ondersteuning en belangstelling.

“Ons vra u geduld en gebede gedurende hierdie moeilike tyd.

“Ons het julle kontakbesonderhede en sal kontak maak oor die pad vorentoe.

“Enige verdere navrae kan gerug word aan feesjopie@gmail.com.”

Lees ook: Skilderye opgeveil om vermaakbedryf te help

Dié plasing het ‘n groot reaksie op sosiale media ontlok met baie mense wat kaartjies gekoop het wat wou weet of hulle ‘n terugbetaling gaan ontvang.

Volgens die organiseerder sal die verkoopte kaartjies net oorskuif na die nuwe datum toe, so ook die mense wat reeds betaal het vir stalletjies by dié fees.

Die fees het gespog met ‘n lys van 25 kunstenaars wat sou optree, insluitende Steve Hofmeyr, Karlien van Jaarsveld, Early B, Kurt Darren, Jo Black, Biggy, Loufi, Juanita du Plessis, Dirk van der Westhuizen, Bobby van Jaarsveld en nog vele meer.

Teen Dinsdag het Steve Hofmeyr gesê hy is hartseer maar dat dit wys  is om te onttrek as jou boeke nie gaan klop nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

*Neem asb kennis die artikel is gewysig. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button