Local newsNews

Seniors vonkel by ekspo met swierige drag en gevatte optredes

"As 'n groep en as individue het julle soveel om in hierdie lewensfase aan gemeenskappe te bied. Kennis en tyd sowel as om veral 'n mentorsrol vir tieners te speel." - Liani Louw, Solidariteit Helpende Hand.

Die Senior Expo was ’n een-stop kuierplek vir meer as 700 senior burgers wat meer te wete wou kom oor hoe om ’n aktiewe en gesonde bejaarde te wees.

Die ekspo is op 22 Oktober by Lux Mundi-gemeente se kerkterrein en -saal in die ooste van Pretoria aangebied.

Verskeie stalletjies met produkte gemik op die plus-60-mark soos aftree-oorde, versekeringsoplossings, veiligheid en gesondheidsprodukte is uitgestal.

Diensorganisies en organisasies sonder winsbejag wat die oues van dae bedien was beskikbaar vir raad en leiding oor kwessies wat hulle raak. Soos die Blommestigting wat meesal in Arcadia met behuising vir seniors werk en Grys Krag sowel as die span van die publikasie Plus 50 was daar.

Jannie du Toit het ‘n groot gehoor by die Senior Expo se oggendtee toegesing. Foto: Elize Parker.

Feestelikhede het gedraai rondom die kerksaal waar meer as 300 senior burgers aanbiedings kon bywoon deur onder meer gevatte kolomskrywer en boekskrywer, Willem Theron. ’n Swierige teegeleentheid het sy praatjie gevolg waar die gaste deur die altyd gewilde Jannie du Toit toegesing is.

Solidariteit Helpende Hand het ’n sjampanje-vonkel aan die oggend gebring met hul kompetisie vir die bes geklede man en dame. Die tema vir die oggendtee se drag was geskoei op die vorige eeu se dertigerjare se Gatsby-era.

Die gehoor het hul gunstelinge luidkeels aangedui uit die tien finaliste wat benoem is. Die uiteindelike wenners is deur Liani Louw aangekondig en was Laura Stoffberg van Clubview en Chris Smit van Moreletapark.

Louw het die gehoor geïnspireer met haar borrelende persoonlikhied en uitnodiging aan die bejaardes om deel te word van hul gemeenskapsprojekte.

Wenners van die Solidariteit Helpende Hand se Bes geklede dame en man-kompetisie: Laura Stoffberg van Clubview, Chris Smit van Moreletapark en Liani Louw van Solidariteit Helpende Hand. Foto: Elize Parker.

“As ’n groep en as individue het julle soveel om in hierdie lewensfase aan gemeenskappe te bied. Kennis en tyd sowel as om veral ’n mentorsrol vir tieners te speel,” het Louw uitgewys.

Dr. Karel Prinsloo het die middag die gehoor met wysheid vir die grysheid bedien.

Die dag is afgesluit deur ’n optrede deur die bekroonde koor van Laerskool Garsfontein.

Johannie Louw, dr. Melodie de Jager en Chantall Munnik Foto: Elize Parker.

OOK GELEES: Kinderdag: Is daar vordering met kinderregte?

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Trott Chaane

Trott Chaane is a journalist at Pretoria Rekord, focusing on local news. With experience in audio editing and online news, Trott delivers well-researched and accurate articles. Dedicated to impactful journalism, he is passionate about growing in the field and making a difference.
Back to top button