Hoe (en wanneer) Rekord elke hoek van Pretoria bereik
Rekord het ’n toegewyde verspreidingspan wat verseker dat ons lesers hul koerante stiptelik volgens die skedule ontvang.
Rekord, Pretoria se grootste gemeenskapskoerant, verbind hulle steeds daaraan om die nuus wat hul lewens op ’n weeklikse basis raak aan inwoners van oraloor die hoofstad te bring.
Tussen 240 000 en 309 000 koerante word elke week na verskeie dele van Pretoria versprei. Dit sluit ses weeklikse koerante en drie koerante elke twee weke in.
Gemeenskapskoerante soos Rekord is ’n noodsaaklike bron van plaaslike nuus en gebeure wat ’n sin van betrokkenheid kweek en inwoners inlig oor die kwessies wat aan hul eie lewens vorm gee.
Rekord maak gebruik van ’n toegewyde verspreidingspan wat by ’n noukeurig-bepaalde, streng skedule hou om te verseker dat ons lesers hul koerante stiptelik en op ’n betroubare wyse ontvang.
So, presies wanneer kan jy jou koerant verwag? Hier is ons verspreidingskedule:
Weeklikse koerante:
Rekord Oos – Dinsdae
Rekord verre ooste – Dinsdae
Rekord Centurion – Woensdae
Rekord Moot – Donderdae
Rekord Noord – Donderdae
Rekord Mamelodi – Vrydae
Tweeweeklikse koerante:
Rekord Sentraal, Wes and Noweto – elke tweede Vrydag
Om verspreidingbetroubaarheid te verbeter, kan ons afleweringspan uitgeken word aan hul kleredrag.
Die spanlede dra dikwels swart of rooi T-hemde of rooi baadjies met pette waarop die Rekord logo vertoon word.
Hulle kan dikwels gesien word waar hul bondels koerante dra wat by ons verskeie afleweringspunte afgelaai word.
Dit is selde, indien ooit, wat ons van die afleweringsdae soos hierbo uiteengesit afwyk.
Rekord is toegewy daaraan om jou van die nuutste opdaterings, stories en gemeenskaps-insigte te voorsien. Deur om die bogenoemde skedule te volg en ons aflweringspan dop te hou, kan jy seker wees daarvan dat jou dosis weeklikse nuus net om die draai is.
Indien jy enige vrae of bekommernisse rakende die aflewering van jou koerant het, kontak gerus ons verspreidingskantoor by 012 804 4011.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.