Familie gesoek van Pretoria vlieënier wat in Koreaanse oorlog sterf
Die familie van die Pretoria vlieënier wat in Koreaanse oorlog sterf word gesoek. Dié vlieënier se oorskot is moontlik gevind.
Die oorskot van ‘n Pretoriase vlieënier wat in die Koreaanse oorlog in 1953 gesterf het is gevind en nou word sy familie gesoek.
Volgens die South African Researcher: Family History and Heritage Facebook-blad moet die familielede van d2lt. Michael Coenraad Botha van Pretoria nou opgespoor word sodat DNS-monsters dit kan bevestig.
Dié 24-jarige Botha is in aksie dood op die 28ste Augustus 1953 toe hy met ‘n Amerikaanse F-86 F-30 Saber #614 gevlieg het.
Volgens die inligting op dié blad het Maj. John Stanley Robertson Wells vier Sabres gelei het in ‘n vlootoefening met die HMS Ocean langs die Koreaanse weskus oorkant K-55.
Botha het glo berig dat sy noodkontroles gesluit was kort nadat hy uit sy skynaanval getrek het. Dit was toe dat Wells vir Botha gesê het om sy normale stelsel dop te hou en kus toe te vlieg en indien uit te skiet.
Volgens dié blad het Botha op 18 000 voet oor land uitgeskiet, maar is toe see te gedwing.
Botha is nooit gevind nie al is sy valskerm sowat twee myl van die kus afgesien.
LEES: Lang pad van herstel lê voor vir dogter na Molotopad ongeluk
‘n Soektog van langer as twee dae het niks opgelewer nie en daar is vermoed dat hy of verdrink het of in die modder in die vlak water naby die kus beland het.
‘n Totaal van 34 Suid-Afrikaanse vlieëniers is in Korea dood terwyl agt gevange geneem is.
Dié blad sê Botha se ouers was van Pretoria afkomstig. Hulle het in Rietfontein gewoon, in 24ste laan, huis nommer 762. Botha is in 1929 gebore. In 1988 het sy ouers verhuis na Plot 60 Melodie, Hartbeespoort. Botha het by sy ouers gewoon.
Sy pa is Barend Daniel Botha, gebore op 6 Desember 1907 en is op 21 Februarie 1992 oorlede. Hy is op 27 Junie 1928 met Margaretha Maria Smit getroud. Margaretha is op 25 Oktober 1910 gebore en is op 7 Januarie 1994 oorlede in Pretoria. Beide van hulle is in Pretoria oorlede en in die Centurion begrafplaas begrawe.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.
