Lang pad van herstel lê voor vir dogter na Molotopad ongeluk
Die jong dogter wat saam met haar gesin in 'n gru-ongeluk was het sig in haar een oog verloor. Haar ma en jonger boetie is dood in die ongeluk.
‘n Lang herstelpad lê voor die 10-jarige Pretoria dogter wat vroeër hierdie maand saam met haar gesin in ‘n gru-ongeluk op die Molotopad was.
Die famile se woordvoerder het Dinsdag verduidelik datJunique van Aswegen sig in haar een oog verloor het en nie in beide soos vroeër berig is nie.
Haar pa, Jurie is onlangs ontslaan uit die hospitaal. Klein Karlu (8) is opslag in ‘n gru-ongeluk oorlede en sy ma, Karin ure later.
Die gesin was vroeër die maand onderweg na hulle huis in die Dinokeng area toe die ongeluk plaas gevind het.
Dié ongeluk het Maandag, Maart 10, omstreeks 16:30 op die Molotopad plaasgevind toe die bestuurder van ‘n noodvoertuig vermoedelik beheer daaroor verloor het en reg van voor teen die Van Aswegens se voertuig gebots het.
Karlu is op die toneel verklaar terwyl daar met Karin, Jurie en Junique na verskeie hospitale toe gejaag is.
Karin is ure daarna in die hospitaal oorlede. Jurie en Junique is tans nog albei in die hospitaal.
Klein Karu was ‘n baie geliefde klein stil seuntjie wat gou harte gesteel het. Hy was baie lief vir rugby.
Ds. Thinus van Staden van die Nederduitsch Hervormde Kerk in Montana het bygevoeg dat Karin se sagte teenwoordigheid en hulpvaardigheid by die kerk geweldig gemis word.
Dié Molotopad is as die gevaarlikste pad in Suid-Afrika aangewys.
Minister Barbara Creecy het verlede jaar gesê dat daar beduidende vordering gemaak is met die R15-miljard opgradering van die Moloto-pad, wat, wanneer voltooi, verwag word om veiligheid op een van die land se gevaarlikste paaie te verbeter.
Die pad word tans opgegradeer deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk (Sanral).
Creecy het egter beklemtoon dat ingenieurswese alleen nie lewens sal red nie as bestuurders en voetgangers nie hul gedrag verander nie.
Sy het hierdie opmerking gemaak tydens ‘n inspeksie van die 138 km lange pad wat deur Gauteng, Mpumalanga en Limpopo strek, en wat opgegradeer word deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (SANRAL).
Creecy het gesê dat ontwerp en konstruksie belangrike elemente van padveiligheid is, maar dat die gedrag van padgebruikers krities is om ongelukke en sterftes te verminder.
Die regstelling van die pad, die bou van effektiewe barrières en twee verkeersbane in elke rigting, met hoë mas-ligting om veiliger bestuur by nag te verseker, was net ‘n paar van die veiligheidskenmerke.
Te gegewe tyd sal die pad kameras langs die hele roete hê om gedrag 24 uur per dag, sewe dae per week, te monitor, het sy gesê.
Lees ook: Jong dogter verloor sig na Molotopad ongeluk
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.
