Inwoner toets SANRAL-ompad, verwerp alternatief
Namate die frustrasie onder die gemeenskap verskerp, is daar meer druk op SANRAL om op ’n meer sinvolle wyse met inwoners te kommunikeer en deursigtige antwoorde te verskaf. Nie net aangaande finansies nie, maar ook oor veiligheid en regverdigheid op Pretoria se tolpaaie.
’n Groeiende groep motoriste doen ’n beroep op SANRAL om die duur tolgelde te heroorweeg wat die huishoudings tot R1 500 per maand uit die sak jaag.
Die groep maak daagliks gebruik van die Stormvoël-, Zambezi-, en Doornpoort-tolhekke.
’n Inwoner van Pretoria-Noord het namens ’n groeiende groep pendelaars wat tolpaaie gereeld in die stad se noordelike voorstede en die Moot gebruik, na vore getree.
Op 11 April, het die inwoner saam met SANRAL ’n alternatiewe roete aangepak, en die groep se ontevredenheid en die ontoepaslikheid van die voorgestelde ompaaie uitgelig.
Die groep redeneer dat, terwyl hulle onder die enigste gemeenskappe in Pretoria is wat daagliks tolpaaie moet gebruik, inwoners van Atterbury, Lynnwood en Bothalaan dieselfde padnetwerk op die hoofweë sonder die addisionele onkoste kan gebruik.
Lydia Raath, ’n lid van die aktiviste-groep, sê dat dit ’n onregverdige finansiële las vir die inwoners skep.
“Dikwels moet meer as een persoon per huishouding daagliks deur die tolhekke ry. Ons stel voor dat daar ’n beperkte fooi per huishouding maandeliks ingestel word of dat glad niks gevra word nie,” sê sy.
Raath beklemtoon dat die tolhekke geen werklike voordeel vir hul gemeenskap teen hierdie duur bedrae inhou nie.
“As die tolgelde vir sigbare veiligheidsverbeterings of vir gereelde patrolllies gebruik sou word, sou ons dalk anders voel. Maar hierdie tolhekke verhoog ons onkoste, veroorsaak opeenhopings en laat ons nie veiliger voel nie.”
Die inwoners se frustrasie het verdiep nadat SANRAL hul aangeraai het om alternatiewe roetes te oorweeg.
Inwoners het in antwoord op hul voorstel SANRAL-verteenwoordigers uitgenooi om die alternatiewe self uit te toets.
SANRAL se voorgestelde ompaaie sluit in:
– Die Moloto-pad om by die hoogweg by Stormvoël aan te sluit;
– Roetes via die Hardy Muller-sirkel en Colbyn of Steadlaan, om so met die N4 te konnekteer; en
– Om die Magaliesberg oor te steek via die Steve Biko-pad om toegang tot die R21 of N1 te verkry.
Die groep dring aan dat hierdie roetes nóg veilig nóg effektiek is en dat SANRAL se voorstelle nie die werklike omstandighede op die pad in aanmerking neem nie.
Om die defek met hierdie opsies te demonstreer het een inwoner ’n 17km-reis vanaf Montanapark na Menlyn Maine gedokumenteer.
Met die tolpaaie neem dit gewoonlik 17-20-minute. Sonder die tolpaaie, neem dit meer as dubbel so lank, met ’n beduidende hoër petrolverbruik. Sy het tydens haar reis deur haar toep met die GPF gekommunikeer omdat sy bang was oor moontlike misdaad en omdat sy alleen op die onbekende paaie moes bestuur.
Gert Botha van SANRAL het haar op die roete gevolg.
“Dit is nie ’n uitvoerbare alternatief nie. Ek hoop hy het dit waargeneem en sal dit aan die owerhede kommunikeer,” sê sy. “Maar ek verwag nie juis dat dit sal gebeur nie.”
SANRAL-woordvoerder Lwando Mahlasela het Rekord vertel dat ’n gemeenskapsvergadering vir 23 April beplan word en dat ’n plan van aksie beraam word.
Hy het egter SANRAL se standpunt beklemtoon: “Die hoofweg is nie hoofsaaklik bedoel vir toegang tot residensiële areas nie. Ontwikkelaars is aangetrokke tot die areas naby die hoofweë as gevolg van toeganklikheid, en die waardes van eiendomme styg daarbenewens. Die verantwoordelikheid vir residensiële toegang lê by die metro.”
H voeg by dat, ondanks ekonomiese druk, is die tolpaaie steeds ’n “vatbare alternatiewe diens” wat deur die “verbruiker-betaal”-beginsel bestuur word.
Omtrent die inkonsekwente tolgelde, verduidelik Mahlasela dat die hoër Klas 1-tarief by Doorpoort geld omdat dit ’n langer deel van die hoofweg insluit.
Omtrent veiligheid, bevestig hy dat SANRAL en konsessiehouer Bakwena met wetstoepassers deur die Pad-insident Bestuurstelsel saamwerk om padveiligheid te verbeter. Skerp voorwerpe wat deur misdadigers op plaaie geplaas word is ’n bron van ernstige bekommer.
Mahlasela moedig motoriste aan om SANRAL-kaartjies te gebruik.
Hy sê dat ’n nuwe kontantlose aanlynbetalingsisteem, soortgelyk aan diegene wat deur kleinhandelaars gebruik word, later die jaar behoort bekendgestel te word.
Terwyl dit Bakwena is wat die pad patrolleer, sê Mahlasela dat die maatskappy nie wetstoepassings-gesag het nie.
“Hulle help om vullis skoon te maak en om motoriste te help wat gaan staan, maar kan nie mense arresteer of boetes uitreik nie,” sê hy.
He sê dat ’n Februarie 2025-riglyn van die Provinsiale Misdaadsvoorkoming Forum, meer sigbare polisiëring op tolroetes in Gauteng tot stand gebring het.
Omtrent besorgdheid van oor hoe die tolhekke bestuur word, sê hy dat die N4 Platinum-hoofweg (wat die drie betrokke tolhekke insluit) deur ’n publiek-private vennootskap tussen SANRAL en Bakwena bedryf word.
Deur hierdie ooreenkomste kan groot infrastruktuur projekte sonder volle regeringsbefondsing voortgaan.
“Inkomste vanaf tolgelde befonds die terugbetaling van lenings aan beleggers, ondernemings, instandhouding en infrastruktuur-verbeteringe,” sê Mahlasela.
Hy het egter versuim om te bevestig of die N4 Platinumhoofweg SANRAL se mees winsgewende konsessie is, of hoeveel inkomste die Zambezi- Doornpoort-, en Stormvoël-tolhekke genereer.
LEES: Twee jong Pretorianers maak geskiedenis in beroemde bergfiets wedren
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.
