Local news

Week-lange beurtkrag in Gauteng gerugte is vals – Eskom

Die regstelling kom te midde van onlangse kragonderbrekings in groot dele van Pretoria, wat later bevind is dat dit binne die Tshwane metro se infrastruktuur ontstaan het in plaas van Eskom.

Gerugte wat die rondte gedoen het oor die moontlikheid van week-lange beurtkrag in Gauteng is verwerp en as vals en misleidend deur die kragreus Eskom bestempel.

Eskom het op hul sosiale media gesê dat die kragvoorsiener stabiel bly en steeds doeltreffend presteer ten spyte van bewerings wat op verskeie platforms gedeel is wat dit anders voorstel.

Die voorsiener het inwoners en besighede gemaan om slegs sy geverifieerde en amptelike kommunikasiekanale te volg vir akkurate en betroubare inligting rakende elektrisiteitstoevoer.

Eskom het verder die publiek herinner dat dit gereelde bywerkings deur sy Power System Update voorsien, wat elke Vrydag uitgereik word. Dit word regoor sy amptelike platforms gedeel om inwoners ingelig te hou oor stelselprestasie en enige moontlike risiko’s vir sy elektrisiteitstoevoer.

Laat in Januarie en vroeg in Februarie is groot dele in Pretoria in donkerte gedompel, wat gerugte dat Eskom agter die onderbrekings sit, aangevuur het.

Ondersoeke het egter later bevestig dat die foute binne die Tshwane metro se infrastruktuur begin het en het vrae oor verouderde elektrisiteitsbates, onderbelegging en langtermyn kragstabiliteit laat ontstaan.

Die areas wat die swaarste getref is sluit in Silver Lakes, Zwavelpoort, Donkerhoek, Olympus, Shere, The Wilds, Woodhill, Tygervalley, Hazeldean, Highlands, CSIR, The Willows, Lynnwood, Villieria, Koedoespoort, Waltloo en Pyramid.

Sommige inwoners het herhaade kragonderbrekings oor verskeie dae ervaar.

Namate frustrasie onder inwoners toegeneem het, het spekulasie verskerp dat die onderbrekings verband hou met Eskom se netwerk.

Beide Eskom en die metro het egter sedertdien die saak opgeklaar dat dit nie die kragreus se voorsiening was wat verantwoordelik was vir die ontwrigtings nie.

Die metro het aangedui dat onmiddellike maatreëls toegepas is om ’n herhaling van die Januarie onderbrekings te voorkom.

Hierdie maatreëls sluit intensiewe roetine-instandhouding en inspeksies onder die metro se diensooreenkoms, wat 80% kwartaallikse prestasie vir hoë-spanning onderhoud, in.

Die metro het ook befondsing vir die opgradering van elektrisiteitsinfrastruktuur herprioritiseer.

Vanaf Julie sal elektrisiteitsinkomste geoormerk en in die kragnetwerk herbelê word voordat dit gebruik word om ander munisipale dienste te ondersteun. Dit is ’n stap wat daarop gemik is om volhoubaarheid en veerkragtigheid te verbeter.

Inwoners word aangemoedig om Eskom se amptelike kommunikasieplatforms te raadpleeg om nie mislei te word deur ongeverifieerde inligting wat op sosiale media versprei word nie.

LEES MEER: Raadslid eis antwoorde ná dogter se dood in openbare hospitaal

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok en WhatsApp Channel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Itumeleng Mokoena

Itumeleng Mokoena is a skilled journalist with experience in investigative reporting, interviewing, photography, and writing accurate news. Based at Pretoria Rekord East, he covers various beats and is dedicated to informing and educating the community. With a diploma from Tshwane University of Technology and previous experience at Lowveld Media, he is a passionate and hardworking journalist.
Check Also
Close
Back to top button