Sport

Honderdtal vir Oostelikes op Loftus

Die Oostelikes rugbyklub se eerstespan het Saterdag op Loftus Versfeld gewys hulle is gereed vir die komende seisoen toe hulle die Kempton Wolwe in ‘n vriendskaplike wedstryd op Loftus Versfeld met 116-17 geklop het. Die manne van Oostelikes het behoorlik agter die doellyn gekuier en altesaam 16 drieë ingeryg. Willem Strauss, voorsitter van die klub, …

Die Oostelikes rugbyklub se eerstespan het Saterdag op Loftus Versfeld gewys hulle is gereed vir die komende seisoen toe hulle die Kempton Wolwe in ‘n vriendskaplike wedstryd op Loftus Versfeld met 116-17 geklop het.

Die manne van Oostelikes het behoorlik agter die doellyn gekuier en altesaam 16 drieë ingeryg.

Willem Strauss, voorsitter van die klub, het aan Rekord gesê hulle is baie opgewonde oor die seisoen, nadat ‘n hele paar puik spelers by hulle aangesluit het aan die begin van hierdie jaar. Die klub se eerstespan afrigter, Jan Boot, het gesê dat hy in sy tyd as rugbyafrigter, wat strek oor meer as 15 jaar, nog nooit so opgewonde was oor ‘n groep spelers tot sy beskikking nie. Verskeie gewese professionele spelers het by die klub aangesluit.

Oostelikes se seisoen begin amptelik eerskomende naweek wanneer hulle teen Randfontein te staan kom in die eerste rondte van die Assupol klubreeks. Die wedstryde sal gespeel word op Oostelikes se tuisveld by Hoërskool Die Wilgers.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button