Local sportSchool sportSport

Omstrede einde aan Oos-Moot se rugbyseisoen

Hoewel Oos-Moot se rugbyseisoen Saterdag in omstredenheid geëindig het, sal die afgelope seisoen steeds bekendstaan as dié skool se suksesvolste in meer as 30 jaar.

Na hul beste seisoen in dekades, het die einde van die seisoen die afgelope Saterdag vir Oos-Moot se rugbyspanne aangebreek.

Al vier die skool se top spanne (o.14A; o.15A; o.16A en eerste span) het vanjaar deurgedring na die halfeindrondte van die Beeldtrofee toernooi vir groot skole. Die afgelope Saterdag is hulle egter almal deur Helpmekaar Kollege uitgeskakel.

Die o.15 span het met 13-elk gelykop gespeel teen hul eweknieë van Helpmekaar, maar omdat die Johannesburgers meer drieë in dié wedstryd gedruk het, kon hulle op ’n tegniese punt vir die eindstryd kwalifiseer.

Die wedstryd tussen die twee skole se eerste spanne het in omstredenheid geëindig.

Teen rustyd was Helpmekaar met 21-0 voor, nadat hulle drie drieë gedruk het in die eerste helfte. Nadat Helpmekaar kort na rustyd ’n strafdoel oorgeskop het, was hulle dus 24-0 voor. Dit sou egter hul laaste punte in die wedstryd wees.

Oos-Moot se manne het hierna met ’n reuse terugveg poging gekom. Binne 22 minute het hulle drie keer gaan druk. Een van die doelskoppe was nie oor nie en die telling was kort voor die eindfluitjie 24-19 in die guns van Helpmekaar.

’n Minuut voor die eindfluitjie het die tuisskare al die oorwinning gevier toe een van Oos-Moot se spelers oorval vir die “wendrie”. Die skeidsregter het aanvanklik aangedui dat dit wel ’n drie was, maar daarna het hy sy beslissing verander en die drie gekanselleer, omdat hy geoordeel het dat ’n aangee in die laaste beweging vorentoe was.

Daarmee is Oos-Moot se beste rugbyseisoen in 32 jaar beëindig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button