Local sportSport

Noord-Gauteng stoei vereer top presteerders

Noord-Gauteng se stoeiers en administrateurs het vanjaar weer op elke moontlike vlak presteer.

Amateur stoei in Pretoria is baie gesond en dit gaan steeds van krag tot krag.

Hierdie stelling is verlede Saterdagaand bewys toe die Noord-Gauteng stoeivereniging (GNS) se jaarlikse prestige prysuitdelingsfunksie in die Ooste van Pretoria aangebied is. Dié vereniging se jarelange president, Danie Odendaal, het by dieselfde geleentheid ook sy laaste amptelike boodskap gelewer, aangesien hy na vyf jaar as president vanjaar uittree.

Odendaal het ’n oorsig oor die indrukwekkende stand van sake by dié vereniging gegee in sy toespraak, voordat hy die presidentskap aan Jurie Human oorhandig het. Hy het ook al die nuwe inisiatiewe van GNS verduidelik.

Odendaal het gespog met die grootste trofee op die tafel (dieselfde grootte as die rugby-Curriebeker) voor in die saal en aan die gehoor vertel dat dié trofee, wat jaarliks aan die beste provinsie toegeken word, in sy bestaan van meer as 80 jaar langer in Pretoria gestaan het as by enige ander vereniging in Suid-Afrika.

Noord-Gauteng se stoeiers het vanjaar by die nasionale kampioenskap weer 16 uit ’n moontlike 19 trofeë gebuit.

Verskeie stoeiers het verskillende vlakke van provinsiale kleure ontvang, terwyl daar ook ’n paar was wat met hul prestasies op internasionale vlak kon spog.

Onder die klubs was daar ook gesonde wedywering, maar Tukkies en Centurion het uitgestaan as die twee klubs wat met die meeste toekennings beloon is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button