Johnny Reitz toernooi lok meer as 500 stoeiers
Die jaarlikse Johnny Reitz Big Five Stoeitoernooi het weer stoeiers vanoor die hele land na Pretoria gelok.
Die jaarlikse Johnny Reitz Big Five stoeitoernooi is verlede naweek weer met groot sukses in die sportsentrum by Tukkies se LC de Villiers Sportkampus aangebied.
Hierdie toernooi, wat deur die Noord-Gauteng Stoeivereniging aangebied word, lok jaarliks stoeiers vanoor die hele Suid-Afrika en vanjaar was geen uitsondering nie. Die 504 stoeiers van 44 klubs wat vanoor die lengte en breedte van die land opgeruk het om deel te neem, het weer verseker dat die Johnny Reitz Big Five nie maklik geklop sal word as die grootste uitdaagtoernooi in Suid-Afrika nie.

Foto: Koos Venter
Sommige van die land se beste stoeiers was in aksie. Die ouderdomme van die deelnemers het gewissel van o.6 tot by senior manne.
Die toernooi se naam is verkry weens die feit dat daar jaarliks een van Suid-Afrika se Groot Vyf uit die diereryk agterop die medaljes van die toernooi gedruk word.
Een van die deelnemers wat baie aandag getrek het by vanjaar se toernooi was Riahan Botha van die Wesrand Stoeiklub. Hy het nie as stoeier deelgeneem nie, maar dié 14-jarige lid van die Wesrand Stoeiklub kon ten spyte van sy klein postuur nie misgekyk word elke keer as hy as skeidsregter opgetree het nie. Botha is op sy jong ouderdom reeds ’n gekwalifiseerde stoei skeidsregter en op die mat duld hy geen nonsens van enige stoeier nie. Met sy fluitjie in die mond beheer hy sy gevegte met ’n ysterhand.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
