Local sportSchool sportSport

Oos-Moot deur na halfeindstryd van VirSeker Beker Grootskole liga

Twee rugbyspanne van die Hoërskool Oos-Moot het die afgelope naweek deurgedring na die Grootskole halfeindstryd van die VirSeker Beker toernooi.

Die Hoërskool Oos-Moot se eestespan en o.16-A span het die afgelope Saterdag deurgedring na die halfeindstryd van die VirSeker Beker Noordvaal Grootskole liga deur beide met hul eweknieë van Hoërskool Frikkie Meyer uit Thabazimbi af te reken.

Die derde kandidaat van Oos-Moot wat ook in dié kompetisie se kwarteindrondte betrokke was, die o.15-A span, het ongelukkig vasgeval teen Ben Vorster van Tzaneen. Al dié wedstryde is op die sportterrein van Oos-Moot afgehandel.

Nadat Hoërskool Tuine twee weke gelede in ’n uitklopwedstryd teen Transvalia van Vanderbijlpark verloor het, was Oos-Moot se spanne die enigste hoop vir Bloubul skolerugby in dié gesogte liga. Ná die afgelope naweek se kwarteindstryde bly Oos-Moot se eerstes en o.16 span dus oor om Pretoria te verteenwoordig in die Grootskole liga.

* Die stryd tussen Oos-Moot en Frikie Meyer se o.16 spanne was die derde ontmoeting tussen die twee spanne die afgelope paar seisoene. Oos-Moot het hul rekord teen die Bosvelders behou deur hulle wéér te kop, nadat die Pretorianers ook die vorige twee uitklopwedstryde gewen het.

Volgens baie kenners was die wedstryd tussen die twee o.16 spanne die beste aksie van die dag tydens die Grootskole kwarteindstryde. Dit was ’n klipharde wedstryd vol opwinding wat gedurig wipplank gery het. Oos-Moot het egter uiteindelik daarin geslaag om die Bosvelders met 29-21 te troef.

* Die hoofwedstryd van die dag is ook tussen Oos-Moot en Frikkie Meyer se eerstespanne beslis.

Nadat die Pretorianers vroeër vanjaar in die bekende PUK-reeks naelskraaps met 6-8 teen die Bosvelders verloor het, was die besoekers waarskynlik die gunsteling om te wen.

Die tuisspan was egter nie van plan om weer die knie te buig teen die besoekers uit Limpopo nie en Oos-Moot het baie goed begin. Teen rustyd was hulle reeds met 27-9 voor en dit wou voorkom of hulle hierdie keer maklik met Frikkie Meyer sou afreken.

Die besoekerrs het egter in die tweede helfte gewys waarom hulle die beste rugbyspan in Limpopo se Grootskole Liga is en hulle het met ’n reuse terugvegpoging vorendag gekom. Hulle het veral in die laaste 15 minute van die wedstryd alles ingesit en drie keer gaan druk. Gelukkig vir Oos-Moot kon hulle ook punte aanteken in die tweede skof en dít was uiteindelik genoeg om ná ’n spannende einde met 37-33 te wen.

In ’n herhaling van verlede jaar se kwarteindrondte kom beide Oos-Moot se o.16’s en die eerstespan eerskomende naweek teen die verdedigende VirSeker Beker Grootskole kampioen, Helpmekaar, te staan. Hierdie stryd is ’n reuse uitdaging vir die Pretorianers, aangesien Helpmekaar vanjaar al met Makro Skole soos Garsfontein en Waterkloof afgereken het.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button