Local sportSport

Silver Valke rugbyklub hard aan die oefen

Die Silver Valke rugbyklub nooi belangstellende rugbyspelers om by hulle aan te sluit vir die 2018 seisoen.

Nuwe winde waai in klubrugby geledere en volgens alle aanduidings sal die strukture van rugby op hierdie vlak in 2018 dramaties verander.

Die Silver Valke in Silverton, ’n voormalige semi-finalis in die Carltonbeker liga, se bestuur glo dat dié klub vanjaar met die nuwe strukture weer die kans sal kry om hul stem dik te maak en hulself te vestig as ’n krag om mee rekening te hou in die nuwe liga waarin hulle sal speel.  Na ’n moeilike begin in 2017 het die klub teen die einde van die seisoen verrassend goed gedoen in die Blou Bulle se Carlton B liga en daar word in hul geledere geglo dat hulle vanjaar op dié sukses sal voortbou.

Die Silver Valke beskik oor puik fasilieite, nie net ten opsigte van hul speelvelde nie, maar ook ten opsigte van hul eersteklas klubhuis, wat ’n volledige kroeg en restaurant insluit.

Volgens Silver Valke se voorsitter, Henry van Wyk, het hulle reeds op 9 Januraie begin oefen vir die nuwe seisoen.

Daar is nog ruim geleentheid vir nuwe spelers om by die klub betrokke te raak en alle belangstellendes word genooi om oefeninge by te woon en deel te word van die Silver Valke familie.

Oefeninge vind plaas op Dinsdae en Donderdae om 18:30. Afrigters en administratuers wat op soek is na geleentehde in klubrugby is ook welkom om by die Silver Valke aan te sluit.

Die klub is geleë in Roestoffstraat 220 in Silverton. Navrae kan gerig word aan Van Wyk by 083-466-9016 of Mossie Pretorius (klubbestuurder) by 084-846-8768 of  Nicky Forbay by 082-774-3973.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button