Local sportSport

Nuwe gesigte sal Naka Bulle versterk

Die Naka Bulle Rugbyklub sien uit na die 2018 seisoen en hulle mik daarna om in hul 21ste bestaansjaar te verbeter op die sukses wat hulle die afgelope paar jaar behaal het.

Die Naka Bulle Rugbyklub beplan beslis om vanjaar voort te bou op die vordering wat hulle die afgelope paar jaar gemaak het.

Dié klub, wat vanjaar hul 21ste bestaansjaar sal vier, het twee jaar agtereenvolgens die uitspeelrondtes in die Carltonbeker liga gehaal, terwyl hulle verlede jaar as Assupol Klubreeks kampioen gekroon is. Die klub het ook besonder goed gevaar in ander ligas, met verskeie spanne wat in die eindstryde van hul onderskeie ligas gespeel het, terwyl twee van hul spanne as kampioene gekroon is in Bloubul ligas.

Daar was reeds vroeg in Januarie woelinge op die klub se terrein en daar word uitgesien om die verbeterde klubhuis binnekort in te wy. Die Internasionale Rugby Instituut, wat onder leiding staan van Naka Bulle se Rugby Direkteur, Marinus van der Watt, se akademie het 30 nuwe gesigte verwelkom met hul opening in Januarie. Dié akademie word op die klub se terrein bedryf.

Die klub se spelers het op 9 Januarie amptelik hul voorseisoen oefeninge hervat.

Spelers wat belangstel om aan te sluit by Naka Bulle is welkom om Dinsdae, Woensdae en Donderdae vanaf 18:00 aan te meld.

Naka Bulle speel op 10 Februarie reeds hul eerste vriendskaplike wedstryd teen Springs van die Oos-Rand en volgens alle aanduiding sal die nuwe ligas van die Blou Bulle, asook die voorgestelde semi professionele SuperLiga oor provinsiale grense heen, teen 24 Februarie afskop.

Daar heers opgewondenheid by die klub oor die aanstelling van die bekende Naas Rossouw wat vanjaar sy gewig by Naka Bulle se eerstespan sal ingooi saam met Van der Watt. Rossouw is ‘n bekroonde afrigter wat die klub se o.20 span verlede seisoen tot Blou Bul kampioene gebrei het.

‘n Paar bekende nuwe gesigte is ook reeds by oefeninge opgemerk. Een van hulle is die vuurvreter flank, Ian van Deventer, wat vir jare ‘n staatmaker by Bobbies en later Quins-Bobbies was.

Belangstellendes kan die klub bestuurder, Buks Burger, skakel by 082-925-7206

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button