Local sportSport

Noordelikes en Dragons vat hande ter wille van rugby noord van die Magaliesberg

Die samewerking tussen die Noordelikes en Dragons rugbyklubs beloof om klubrugby noord van die Magaliesberg weer ‘n krag in die Blou Bulel se ligas te maak.

Nuwe hoop het opgevlam dat klubrugby noord van die Magaliesberg hierdie seisoen tot sy reg sal kom, nadat die noorde se twee klubs besluit het om hande te vat en onder een vaandel aan die Blou Bulle se ligas deel te neem.

Noordelikes, een van die oudste klubs onder die jurisdiksie van die Blou Bulle, en Dragons, wat op hulle beurt weer ’n jong klub is, sal vanjaar saamwerk en as een klub in die Carlton B-liga speel. Hoewel Dragons ’n jong klub is, het hulle die afgelope paar jaar baie goeie rekenskap van hulself gegee en in 2016 het dié klub so byna die halfeindrondte van die Carltonbeker liga gehaal, nadat hulle al die gevestigde klubs ten minste een keer gedurende die seisoen geklop het.

Dragons het egter weens verskeie redes in 2017 gesukkel in die Carltonbeker liga en daar is besluit om ander planne te maak om die klub ’n kans te gee om nie net te oorleef nie, maar ook te groei.

Die realiteit van hedendaagse klubrugby is egter dat dit weens administratiewe en finansiële druk vir baie klubs al hoe moeiliker raak om te oorleef. Die noorde van Pretoria is in hierdie opsig geen uitsondering nie en daarom het die besture van Noordelikes en Dragons bymekaargekom en ná deeglike onderhandeling en besinning besluit om ‘n samewerkingsooreenkoms te beding, waarvolgens hulle hul kragte sal verenig om die gemeenskap van die noorde ten beste te verteenwoordig.

Die nuwe klub sal bedryf word op die terrein van Noordelikes, waar uitstekende fasiliteite beskikbaar is.

Groot opgewondenheid heers ook in die geledere van die nuwe klub oor die feit dat die Bloubul legende, Pote Fourie, weer by die klub betrokke gaan wees. Fourie sal as mede-voorsitter van die nuwe klub optree, terwyl hy bygestaan sal word deur Ben Sutherland van Dragons. Fourie is nie net ‘n legende as speler nie, maar hy het ook wye ervaring as afrigter en administrateur en hy het jare lank die leisels by Noordelikes gevat, voordat hy weens persoonlike redes enkele jare gelede teruggestaan het. Nou is hy egter terug om sy kennis en ervaring te gebruik om rugby in die noorde van Pretoria weer ‘n krag te maak.

Vanjaar sal die klub onder die naam Dragons aan die Carlton B-liga deelneem. Beamptes van die twee klubs het hulself egter ‘n jaar gegee om die detail van die ooreenkoms te verfyn, wat ook ’n nuwe grondwet insluit. Daarna sal die nuwe klub amptelik gevestig word onder ’n nuwe naam. Die naam Noordelikes Dragons Rugbyklub is egter reeds baie gewild onder beide partye en sal waarskynlik van 2019 af die amptelike nuwe naam wees.

Intussen word spelers in die noorde van Pretoruia genooi om deel te word van die nuwe oplewing van klubrugby in dié streek. Die tussentydse bestuur het aan Rekord gesê dat spelers van beide Noordelikes en Dragons op gelyke vlak die nuwe seisoen sal begin om ‘n sterk klub te bou. Die voorseisoen oefeninge het reeds op 10 Januarie begin en senior sowel as o.20 en o.21 spelers word genooi om aan te sluit. Oefeninge vind plaas op Dinsdae, Woensdae en Donderdae en dit begin om 18:15.

Vir meer besonderhede, skakel die klubbestuurder, Martin Vlok, by 061-407-2110

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button