Local sportSport

Sharks klop Blou Bulle maklik in Pietersburg

John Mitchell is nie ‘n towenaar wat die Bulls se probleme oornag gaan wegtoor nie en baie water moet nog in die see loop voor dié eens gevreesde span weer kampioen-status sal bereik.

Die Bulls het nou wel sonder baie van hul eerstekeuse spelers en Springbok sterre na Polokwane opgeruk, maar die nederlaag van 14-31 wat hulle teen die Sharks gely het, het gewys dat daar nog harde werk vir Mitchell en sy bestuurspan voorlê as hulle vanjaar die ondersteueners wil teruglok Loftus Versfeld toe.

Albei spanne het van die afskop af gewys dat hulle wil voortbou op die opwindende rugby wat hulle verlede seisoen in die Curriebekerreeks gespeel het. Dit beteken dat hulle met die bal in die hand aanval en skopwerk beperk.

Die Sharks, wat met twee volledige spanne by die wedstyrd opgedaag het, was aanvanklik effens gemakliker met hierdie soort rugby as die Bulls. Hulle het vaardiger gelyk en hul ondernemingsgees het die Bulls in die eerste kwart van die wedstryd soms harde bene laat kou op die verdediging.

Tog kon die Bulls genoeg doen op die verdediging om die Durbaniete langer as ‘n halfuur van die doellyn weg te hou. In hierdie opsig het die jong baljagter flank, Marco van Standen, veral soos ‘n seer vinger uitgestaan. Hy het gewys dat dit beslis ‘n fout was om hom uit die Bulls se groep te laat. Dié jongman se werkverrigting kan van hom ‘n faktor maak soos wat Deon Stegnamm vir die Bulls se kampioenspanne van 2009 en 2010 was.

Die Bulls het ook gesukkel in die skrums, waar Lizo Gqoboka, Adriaan Strauss en Frans van Wyk in die eerste helfte teen Juan Schoeman, Akker van der Merwe en Thomas du Toit moes skrum. Die Sharks se drie in die eerste helfte deur Cameron Write het gekom as direkte gevolg van die gesukkel in die skrums.

Burger Odendaal en sy manne het nooit gaan lê nie en dié ingesteldheid het hulle kort voor rustyd die kans gegee om punte op die telbord te kry. Manie Libbok het die lyn netjies gebreek om langs die pale oor te val, nadat die Bulls aanhoudend aangeval het vanaf ‘n lynstaan naby die doellyn. Die rustydtelling was dus 7 elk, wat die Bulls effens gevly het.

Om sake te bemoeilik het die Sharks met die aanbreek van die tweede helfte met ‘n heel nuwe span opgedraf, terwyl die Bulls se bestuur eers na sowat 15 minute hul nege reserwes opgestuur het.

Met Robert du Preez op losskakel het die Sharks effens meer gestruktureerd gespeel, maar dit het vir hulle gewerk en hulle het in die laaste 40 minute nog vier keer agter die doellyn gaan kuier.

Die Bulls kon eenvoudig nie genoeg kwaliteit besit kry om meer uit te rig nie, hoewel hul vaste vyf baie beter verttoon het in die laaste skof.

Manne wat saam met Marco van Staden die oog gevang het in die wedstryd was Embrose Papier (wat besonder tuis gelyk het in hierdie geselskap), Pierre Schoeman en Coenraad van Vuuren. Jano Venter het ook gewys hy moes in die aanvanklike groep gewees het en sy fisieke spel kan goud werd wees vir die Bulls in vanjaar se reeks.

PUNTEMAKERS:

BULLS: 14 Drieë: Manie Libbok, Jaco Visagie. Doelskoppe: Manie Libbok (1), Marnitz Boshoff (1).

SHARKS: 31 Drieë: Cameron Write, Makazole Mapimpi (2), Marius Louw, Jacques Vermeulen. Doelskoppe: Curwin Bosch (1), Robert du Preez (2).

Skeidsregter: Jaco Peyper

 

 

Bulls: Divan Rossouw, Travis Ismaiel, Johnny Kotze, Burger Odendaal (c), Jade Stighling, Manie Libbok, Embrose Papier, Hanro Liebenberg, Thembelani Bholi, Marco van Staden, Aston Fortuin, Ruben van Heerden, Frans van Wyk, Adriaan Strauss, Lizo Gqoboka. Replacements: Jaco Visagie, Pierre Schoeman, Conraad van Vuuren, Eli Snyman, Jano Venter, Roelof Smit, Andre Warner, Marnitz Boshoff, Franco Naude, Jamba Ulengo, Duncan Matthews.

 

Sharks 1: Lwazi Mvovo, 14. Kobus van Wyk, 13. Lukhanyo Am, 12. Jeremy Ward, 11. S’busiso Nkosi, 10. Curwin Bosch, 9. Cameron Wright, 8. Keegan Daniel, 7. Tyler Paul, 6. Jacques Vermeulen, 5. Ruan Botha (k), 4. Hyron Andrews, 3. Thomas du Toit, 2. Akker van der Merwe. 1. Juan Schoeman.

Sharks 2: 15. Garth April, 14. Makazole Mapimpi, 13. Tristan Blewett, 12. Marius Louw, 11. Courtney Winnaar, 10. Robert du Preez, 9. Louis Schreuder, 8. Tera Mtembu, 7. Wian Vosloo, 6. Philip van der Walt, 5. Stephan Lewies, 4. Gideon Koeglenberg, 3. John-Hubert Meyer, 2. Franco Marais (k), 1. Mzamo Majola.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button